Jou Hande... n Groep jong mans het eendag by Jesus aangekom - TopicsExpress



          

Jou Hande... n Groep jong mans het eendag by Jesus aangekom terwyl Hy besig was om n groot skare mense te leer. Een jong man het iets in sy hand vasgehou. Hulle het van Jesus se groot wysheid gehoor, en wou Hom voor al die mense verneder. Hulle het die dag tevore n klein voëltjie gevang. Een van hulle sou Jesus vra: Meester, wat hou ek in my hand vas? As Jesus sou antwoord dat dit n voëltjie is, dan sou hy weer vra: Meester, lewe hy of is hy dood? As Jesus sou sêdat hy dood is, sou hy die voëltjie laat wegvlieg. En as Jesus sou sê dat hy lewe, sou hy sy nek omdraai en die dooie voëltjie vir Jesus wys. Die jong man het selfversekerd nader gestap en gesê: Meester, as U dan so slim is, sê vir my wat ek in my hand vashou. Jesus het dadelik geantwoord: Jy het n klein voëltjie in jou hand. Die jong man was verbaas oor Jesus se wysheid, maar sê toe weer: Meester, as U dan so slim is, sê vir my of die voëltjie dood of lewendig is. Jesus het, sonder om te aarsel, met n sagte ernstige stem gesê: Jong man, DIE BESLUIT IS IN JOU HANDE. Is ons denke en woorde dood of lewendig? Ons keuses gaan ons besluite beinvloed en so gaan ons besluite ook ons keuses beinvloed. Robert pretorius
Posted on: Sun, 03 Nov 2013 19:48:57 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015