KAALVOETKIND. Ek voel lig en vry soos die wind. - TopicsExpress



          

KAALVOETKIND. Ek voel lig en vry soos die wind. Want ek is YAHUAH se kaalvoetkind. Ek huppel die hele wêreld rond, Trek my skoene uit, want ek beweeg op heilige grond. Stamp ek my voet teen n klip, Weet ek dis die randsteen wat keer dat ek van YAHUAH se pad af glip. Steek n doring in my voet so seer, Is U daar om vertroosting salf aan te smeer. Laat my voet my struikel om my teen die grond te fel, Is U ook daar om my weer op te tel. Vra mense my waar is YAHUAH, sê ek: HY loop hier reg langs my sy, Hoe is daar net een ry spore: sal hul vra. Antwoord ek: Dit is daar waar YAHUAH my in SY arms dra. Daarom is ek nou so bly ek het in SY WOORD n holte vir my siel gevind. Ek, YAHUAH se KAALVOETKIND.
Posted on: Wed, 23 Oct 2013 07:46:28 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015