Klein jakkalse wat die wingerd verniel – No - TopicsExpress



          

Klein jakkalse wat die wingerd verniel – No 6 Selftevredenheid Dierbare kind van God, Hierdie boodskappe lei ons tot selfondersoek, en dit is nie altyd aangenaam nie, maar kom laat die woord van die Here ons verander sodat wanneer Jesus ons kom haal ons waarlik gereed sal wees om ons Ewige Bruidegom tegemoet te gaan. Groete ~ Oom Jacques. Johannes 15:2 ”Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.” Daar is ’n pragtige ou koortjie wat lui: ”O, my siel wees bly, jou verlossing is naby, en die hemelse kleed sal jy dra, wees getrou en waak, hou jou klere rein, want die koms van die Here is naby.” Openbaring 19:7 ”Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.” • SELFTEVREDENHEID is net mooi die teenoorgestelde van nederigheid ~ Dit grens aan afstootlike verwaandheid. 2 Timoteus 3:2 ”Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God...” • Selfsugtig en blind wil sulke mense vol trotsheid, andere rondom hulle probeer manipuleer, en selfs verslind. • Selftevredenheid lei tot groot omstredenheid, twispunte en tweestryd; so begin ons een die ander, oor onbenullighede te verwyt. 1 Korintiërs 3:3 ”Omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?” • Dit beweeg op die vlees se vlak, en juis dit maak ons geestelike lewe swak; terwyl ons dink: ”Alles is in die haak!” • Dit is in stryd met die Gees, wat ons leer om soos Jesus te wees. • Selfversekerdheid soek ’n geleentheid om alles en almal om ons heen te oorheers, sonder om die gevolge daarvan te vrees. • Dit is geneig om familie, vriende, en ander persone af te kraak. Dit lei na swak smaak, want dit sien nie die nood van andere raak. 1 Petrus 2:1 ”Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery...” • Selfversekerdheid soek geleentheid om kwaad met kwaad te vergeld, om so andere se swakhede te vermeld. • So word dierbare mense ontstel, en verwoestende vure aangesteek uit die hel! Psalms 57:4 ”Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong ’n skerp swaard is.” • ’n Selfversekerde mens, handel nie na God se wens. Vol trots en minagting, beroof hulle eerlike mense van hulle verwagting. Openbaring 22:11 ”Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.” • Dierbare leser, hier moet ek vir eers eindig as gevolg van die gebrek aan die nodige spasie. (Deel twee sal ek binnekort hierop laat volg.) Groete ~ Oom Jacques. Facebook: Jacques van der Hoven.
Posted on: Tue, 20 Aug 2013 19:39:54 +0000

Trending Topics



iv>
The first step in becoming a winner is to start thinking like one!
✿✿✿✿✿Gets Earn $500 – $8000 Per Month From
Did You know that... Beetles have a big impact on the

Recently Viewed Topics




© 2015