Kom die twee ouens uit die bar uit toe die bar toemaak. Sê die - TopicsExpress



          

Kom die twee ouens uit die bar uit toe die bar toemaak. Sê die een; “Kom ons gaan na my huis, ek het daar nog twee biere in die yskas.“ Die ander een stem in en hier slinger die twee die straat af. Eerste straat regs en die volgende een weer links en weer regs. Toe sê die eerste ou; “Jy sien hierdie straat, dis my straat.“ En hulle kom by sy huis aan en hy sê; “Jy sien hierdie huis, dis my huis.“ Hy sluit die huis oop en hulle stap in die huis in en hy sê; “Jy sien hierdie sitkamer, dis my sitkamer. Jy sien daardie TV, dis my TV en daardie stoel voor die TV, dis my stoel.“ Hulle stap die gang af en hy maak die slaapkamerdeur oop en sê; “ Jy sien die slaapkamer, dis my slaapkamer. Jy sien die vrou in die bed, dis my vrou en jy sien die ou langs haar in die bed, dis ek.“ Hulle stap verder kombuis toe en sy pêl sê; “Die ou langs jou vrou is nie jy nie.“ En hy sê; “Sjuut, hou jou bek, moet hom nie wakker maak nie, ons het net twee biere.“
Posted on: Sun, 03 Nov 2013 19:51:42 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015