Laas week 7 de Laan opsomming: JULLE, wat het met Bonita gebeur? - TopicsExpress



          

Laas week 7 de Laan opsomming: JULLE, wat het met Bonita gebeur? Sy is ewe skielik ’n life coach en gee Emma die k*kste raad. Laas week het jy Emma vertel van haar huwelik wat belangrik is, maar dié week vertel jy die vrou sy moet haar man los. Emma kan klaar nie vir haarself dink nie, nou smokkel jy en Marko nog met haar kop. Emma het al brande oorleef en sien steeds kans vir ’n mal man. Blommemeisie, jy moet jou man se Brylcreem weggooi en jou ophou verbeel jy’s kwaai oor jy skielik ’n effens gladder ponytail het. GHD het eintlik jou lewe gered, nie Vince nie. Altus en Paula gaan een van die dae op straat sit van wil vinnig ryk word met beleggings in myne. Dié is nie Isidingo nie. Jy’s op die verkeerde kanaal. Hier is genoeg ryk mense in die Laan. Gita Forrester, Ryno Edwards, die bruin Ewings en nou julle ook nog? Dis mos af-show. Hoekom moet Jerome so ’n spektakel van moffies maak? Moffies het nou net hul lewe agtermekaar begin kry, nou gaan hulle weer events wil reël, drapings vir 21st paarties wil hang en kort voor lank lyk almal se kuiwe soos joune, moer toe. Relax. Vat die geld wat Gita jou gegee het en vlug, asseblief. Jerome en Oubaas het mos Gita se lewe gered deur twee groot, swart mans –beter bekend as die Mambas – te oorrompel. Oubaas het ’n hartkwaal, maar Jerome staan en kyk terwyl Oubaas alleen die man moet vashou. Jy is eintlik useless. Felicity se eie hare kom deesdae gereeld uit op uitstappies, maar sy moet dit uit die roots uit blow. Wees ook meer versigtig met die silicone en try die groen rollers. Jou draad is nie heeltemal ready vir die orange rollers nie. Ek wil weet hoekom Errol se rolstoel nie by ’n barber kan inrol nie. ’n Bietjie lotion sal ook mooi wees. Geen mens lyk só erg verwaarloos net oor hy een been het nie. Ek sien mense sonder bene by die gym, so wat’s jou verskoning? Jy lyk vandag so oor jy wou af-show met wit mense se stokperdjies. Hoekom kon jy nie pool speel of dominoes leer nie? Maar nee, jy neuk in tights en helmets rond. Gita het ’n perskonferensie geroep vir een koerant. Sy kon mos ’n email stuur of die foon optel. Die vrou soek net aandag. Sy is wat gebeur as ryk wit mense verveeld is met hulself. Ek het so gehoop Xander kom Somerset-Wes toe. Ek wou hom stamp en wegry of langs die N2 los tydens ’n protes-aksie. Bernard en Aggie het Donderdag ’n oplossing vir Errol se been ontdek en Vrydag vlieg die kind toe Amerika toe, waar hulle hom weer gaan maak loop. Hy en Charmaine het onmiddellik ’n vlug gekry en sy visum is binne 24 uur uitgesort. As die miracles só aangaan, loop hy maklik teen Dinsdag. Kom ons kyk maar wat gebeur...
Posted on: Sun, 18 Aug 2013 09:34:22 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015