Laas week se 7de Laan opsomming: KOM ons praat gou oor die mees - TopicsExpress



          

Laas week se 7de Laan opsomming: KOM ons praat gou oor die mees obvious slang in gras Hoe het daai broodjie in Vanessa se oond beland? Wie het haar gespyker? En wat het hom besiel om met haar oulik te maak? Dit kan seker ’n maagvirus wees, maar bruines kry net maagvirusse as ons daai siekverlof-kaart wil speel. So, ek vra weer: Wat gaan aan? Maandag skrik arme Dewald hom vrek toe hy besef hy’t hom by ’n gemengde familie ingevry. Felicity sit toe langs Herman met ’n groot glas wyn en die kind lyk confused. Eerstens was dit Maandag, so hoekom suip dié bruin mense by sy meisie se huis? Tweedens, die vrou het gladder hare as Barbie. En derdens worry hy toe seker of sy goose wit is of dalk net lig ge-mix! Altus besef die catering-jintoe vat hom vir ’n pony ride en fire haar. Met ál daai drama word niemand eens geklap nie! Ek het só gehoop sy moer Sifiso oor sy piempery, maar toe is hul bekgeveg net boring. Amandla, Sifiso! Viva die privaat skool! Hekkie klou oral waar sy loop aan haar skietwond en soek net bejammering en aandag. Toe sy besef die Laan het nie juis lus nie, vertrek sy maar Pofadder toe vir nóg aandag van haar Ouma. Ryno sê ook net vir haar koebaai asof sy gou Shoprite toe gaan. Hy besef seker dis die bitter einde van daai boring verhouding. Kim probeer die sportwinkel haar vroulike touch gee, maar omdat sy deesdae soos ’n budget-prossie aantrek, worry ek oor die winkel se look. Alles sit styf en lyk net k*k. Ek probeer ook steeds daai bolla verstaan wat nou eenvoudig die kuif nog groter laat lyk. Wat doen die kind met haarself? Gee jy nie om wat mense van jou dink nie, Kim? Danielle en Pieter werk op my nerves. Hulle is so vreeslik boring saam. Ek loop pie as hulle twee opkom. Gepraat van pie, het Vanessa al ’n pregnancy test gevat? Hoeveel weke dink julle is sy? Sy en Xander praat dan al maande nie meer met mekaar nie. Emma is nou ’n model in Hekkie se plek, so Annelie gaan nou Donna Claire-goed ook moet maak. Errol vertel Xander sy hele fortune in die arkade en Xander – die beste lawyer in die hele wêreld – staan net daar met ’n bek vol tande. Hoekom word Nadia en Dewald in ’n vuil kroeg toegelaat? Mens kan sien Helen Zille is nie daar bo in charge nie. Die sirkus-pitch is een groot gemors, maar Herman dink dis great en Bernard se T-shirt-moue sit deesdae onder sy blaaie. Kom weg uit die kiddies section, Bernard! Wat moet die kids aantrek?
Posted on: Fri, 05 Jul 2013 09:03:31 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015