Lekker slapgele met die brakke voor die TV en nou weer terug om te - TopicsExpress



          

Lekker slapgele met die brakke voor die TV en nou weer terug om te gaan kook op stel van Vallei van Sluiers III. Lekker vooruitsig. Lekker uitgerus, maar nou die afskeid van die honde wat al klaar om tasse snuffel en tjank. Wat gaan gebeur as een van hulle eendag die aftog moet blaf, weet ek nie. My vriende spaar al vir my - om morfien, Angus Buchan en die Drakensbergse Transkoor te kan bekostig. Ook strykkwartette en masseuses. Pryssangers en brandwynberading. Epiese gedigte deur Antjie Krog en Blavbob.
Posted on: Sun, 28 Jul 2013 13:45:32 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015