Liturgie Sondag 13 Oktober Spr 4:23 Bewaak jou hart bo alles - TopicsExpress



          

Liturgie Sondag 13 Oktober Spr 4:23 Bewaak jou hart bo alles wat bewaar moet word want daaruit is die oorspronge van die lewe. Dit is soos klitsgras aan jou bly vasklou... SKULDGEVOEL. 2 Kor 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. Jak 5:16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van n gelowige het n kragtige uitwerking. Waaraan dink jy wanneer jy die woord hoor: skuldgevoel. Het jy al gewonder wat dit is? Is dit sleg voel? Spyt? Selfverwyt? Ons gaan na die plek toe gaan waar ons kan verstaan hoekom ek hierdie slegte gevoel in my dra. Soms is dit so anoniem.. ek het dit al bely maar ek voel steeds so... hoekom voel ek so? Dikwels voel dit soos n stem sonder inhoud. n Onopgeloste saak. n Gesiglose onstuimigheid in my binneste. Waar kom hierdie vae gevoel van skuld vandaan? Wie kan my daarmee help...? Die skuldgevoel wat jy voel is dalk gesigloos en naamloos maar die oplossing is nie. Die oplossing het n naam... dis Hy... Hy is die oplossing. God. Ons weet verseker dat Hy ons kan help. Ons hart is die bron en oorsprong van lewe. Dit is ook die oorsprong van een van die grootste emosies wat ons gedrag en bealsuite beinvloed... SKULDGEVOEL. Augustinus het die gebed gebid: ...our hearts are restless until they rest in You.” Die skuldgevoel bring altyd die gevoel van swaarmoedigheid en onrustigheid... By Hom vind ons ware vrede in ons onstuimighede. Ons weet Hy is genadig. Ons weet Hy is liefde. Ons weet Hy is die oplossing. Mag die gesiglose skuld in jou gemoed jou begelei na n ruimte van stilword by God. Na n spasie van aanbidding en oorgawe. Sodat Hy daardie plekke van onrustigheid met Sy vrede kan vul.
Posted on: Tue, 15 Oct 2013 07:21:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015