Madiba se gesondheid dalk nie so rooskleurig nie FEATURED Posted - TopicsExpress



          

Madiba se gesondheid dalk nie so rooskleurig nie FEATURED Posted by Phillip Bruwer Oudpresident Nelson Mandela Ten spyte daarvan dat ʼn kleinseun van oudpresident Nelson Mandela, asook voormalige president Thabo Mbeki, gesê het Madiba se gesond verbeter, het ʼn bekende joernalis, Debora Patta, ʼn ander storie gehoor. Mandela (94) is vandag presies twee weke gelede in die Mediclinic Harthospitaal opgeneem weens ʼn “terugkerende longkwaal” soos die presidensie dit stel. Patta het Vrydagaand, Amerikaanse tyd, namens CBS News berig dat bronne in die hospitaal bekend gemaak het dat Mandela se lewer en niere slegs 50% funksioneer en dat hy, onder andere, ʼn operasie moes ondergaan om ʼn bloeiende maagsweer te herstel. Die nuusstasie berig hulle is ingelig dat Mandela vir dae nog nie sy oë oopgemaak het nie, en nie reageer nie. Die familie bespreek ook glo hoeveel mediese behandeling hy nog moet ontvang vir sy ouderdom en toestand. Kritici is bekommerd dat die familie en die regering Mandela se lyding verleng deur hom met masjiene aan die lewe te hou. Die nuusstasie berig verder oor nog ʼn kinkel in die kabel. Mandela het glo twee weke gelede ʼn hartstilstand gehad en is daarna bygebring, waarna hy per ambulans van sy huis in Johannesburg na Pretoria gehaas is. Hy is in die middel van die nag na die hospitaal geneem, maar die ambulans het langs die pad onklaar geraak en was vir sowat 40 minute in koue weer gestrand voordat ʼn ander ambulans opgedaag het om Madiba by die hospitaal te kry. Die presidensie het intussen aan CBS erken die ambulans het enjinprobleme ervaar, maar dat alle stappe geneem was om te sorg dat Mandela se gesondheid nie belemmer is nie, en dat sy dokters tevrede is dat sy gesondheid nie deur die voorval benadeel is nie. CBS berig egter dat kardioloë met wie hulle gepraat het, meen enige vertraging in so ʼn geval, veral vir ’n man van Mandiba se ouderdom, rede tot ernstige kommer is. “Alhoewel dit moeilik is om te bepaal, kon dit ʼn groot impak op Madela se toestand gehad het,” het CBS berig.
Posted on: Sat, 22 Jun 2013 13:43:28 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015