Maybe Angus Buchan is the man Siener van Rensburg was referring to - TopicsExpress



          

Maybe Angus Buchan is the man Siener van Rensburg was referring to in one of his proficies. A man of God will lead South Africa out of the dark times. Mnr. Angus Buchan aan die woord tydens Saterdag se byeenkoms in Vanderbijlpark. Die Angus Buchan-fenomeen het Saterdag in Vanderbijlpark voortgerol toe duisende mense na die Isak Steyl-stadion gestroom het om na die evangelis-Boer van Greytown te luister. Van Buchan het hulle n Eenvoudige vraag gekry: glo julle dat die Seun van God lewe of dat hy dood is? Hy het ook uit die Bybel gewaarsku dat daar mense is wat met die mond sê dat Jesus lewe, maar dat hul optrede dit verraai. Hy het vir die skare vertel hoedat Jesus vir Maria Magdalena, n gewone prostituut n tweede kans gegee het en gesê Hy wil dit vir hulle ook doen. My God is n vriend van sondaars, het hy gesê. Hy het sy geliefkoosde uitspraak herhaal dat dit nie goeie mense is wat hemel toe gaan nie,maar gelowiges... Wat die situasie in die land betref, het Buchan gesê daar is mense wat berou moet toon omdat hulle so negatief oor die situasie in Suid-Afrika praat Hy het gesê die toekoms is in God se hande en voorspel dat daar n omekeer in die land gaan kom. Vir voornemende emigrante het hy gesê as God vir hulle sê om Australië toe te gaan, moet hulle dit doen. As Hy dit nie vir hulle gesê het nie, moet hulle versigtig wees. Hulle gaan hul probleme met hulle saamneem daarheen. Hy wou weet of enigeen al n boodskap van God gekry het dat Suid-Afrika ten gronde gaan. Hy het oor die skare voor hom uitgekyk, maar niemand het hand opgesteek nie. Buchan het gesê Jesus lewe en Hy is in Suid-Afrika. Ons is in herlewing! het hy uitgeroep. Jesus Christus lewe! Hulle praat van Hom oor sekulêre TV. Hulle praat van Hom oor sekulêre radio. Hulle skryf van Hom in sekulêre koerante. Hy is die onderwerp van die dag! Hy het God as n wonderwerkende God bestempel en gesê as dit nie so was nie, sou hy nie daar gestaan het nie. Mnr. Johan Bisschoff van Vereeniging het gesê die Afrikanervolk en die hele land is op soek na iets positiefs. Dit klink vir hom of dié saamtrek die regte plek is om daarna te kom soek. Christene wêreldwyd bid saam. Mnr. Angus Buchan en Christene van regoor die wêreld het Gister deelgeneem aan die wêreldwye dag van gebed. Uit meer as 200 lande en gebiede het groepe gelowiges geregistreer om deel te neem en in Suid-Afrika alleen het meer as 460 dorpe, stede en voorstede geregistreer. Dit het gewissel van plekkies soos Oviston in die Oos-Kaap en Kwaggafontein in Mpumalanga , tot talle voorstede en townships aan die Rand en in en om Pretoria . Met die strategie om plaaslik bymekaar te kom, maar globaal te bid, word dié dag nie meer gekenmerk deur groot stadion byeenkomste soos vroeër nie Die teksvers wat as inspirasie vir die dag dien, is 2 Kronieke 4:17 :As God se mense hulself verootmoedig en bid en afsien van hul sonde, sal Hy hulle vergewe en hul land genees. - GEBEDSAKSIE (DIT SAL NET 10 SEKONDES NEEM) Begin met n gebeds aksie vir ons land. Ons doen dit soos volg: Wanneer jy hierdie e-pos ontvang, bid sommer daar waar jy nou sit. Nadat jy gebid het, dan stuur jy hierdie e-pos aan. BID SAAM : Hemelse Vader ons bid vir berou en bekering. Vader ons bid vir vergifnis van ons sonde. Ons bid dat U die mense se geestelike oë en ore sal oopmaak. Ons bid dat U die mense in Suid-Afrika genadig sal wees en sal seën. Ons DANK U vir reën wat reeds geval het en bid dat U genoeg reën sal stuur na plekke wat smag daarna. Ook dat U alle onskuldige Suid-Afrikaners sal beskerm teen al die Geweld. En dat daar n positiewe verandering in Suid- Afrika sal plaasvind. Ons bid dit in die Naam van JESUS Amen VERSOEK: Moenie hierdie e-pos uitvee nie! BID SAAM en stuur asseblief aan!
Posted on: Tue, 11 Feb 2014 06:13:30 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015