♥“Mensekind. Ek ken jou al baie lank, en ek ken jou baie goed. - TopicsExpress



          

♥“Mensekind. Ek ken jou al baie lank, en ek ken jou baie goed. Ek is die Liefde wat binne jou woon. Wanneer jy Liefde voel, dan is ek in jou en by jou. Ek is Liefde en bestaan vir ewig, en ek het jou al geken lank voordat jy op die aarde gebore is. Uit Liefde wat volmaak is, en veel groter is as wat jy nou kan begryp, is jy geskape. Liefde bring altyd meer liefde voort, daarom is jy geskape as ‘n kosbare kind waarin Liefde kan leef, meer kan word, en waarvandaan meer liefde uitgestraal kan word. Liefde is skeppend, en skep met volmaakte wysheid. Liefde kan net goed voortbring, daarom is jou uiteindelike doel goed. Jy is geskape met ‘n hoër doel, jy het ‘n belangrike roeping om te vervul vanuit die perspektief van die ewigheid. Jy het al baie dinge hier in die leerskool van die aarde ondervind. Baie dinge wat jou soms gelukkig en soms baie ongelukkig gemaak het. Ek weet van alles, van elke gevoel, elke gedagte en elke optrede. Ek weet van die swaar, ek weet van jou pyn en hartseer. Om Liefde waarlik te leer ken, moes jy tydelik ook die teenoorgestelde van liefde ervaar. Om waarlik ‘n vrye kind van die Liefde te word, kry jy die kans om self te kies. Op die aardelaat ek twee pole toe, Lig en liefde, en my teenoorgestelde, wat duisternis, oordeel, haat en vrees is. Hier kry jy kans om alles te ervaar en self te kies. Ek vra jou om na my te kom. Kies liefde, en jy kies lewe. Jy kan my nie sien nie, maar jy kan my in jou hart, in jou emosies voel wanneer jy sagmoedig is. Jy kan my in jou hart hoor wanneer jy baie stil is en met jou hart luister. Jy kan liefde ervaar en vergroot in jou hart wanneer jy jou naaste help. ‘n Liefdevolle gebaar van hulp of ondersteuning aan diegene wat om jou is en oor jou pad kom, is die beste manier om liefde binne jouself op te wek. Daar is ‘n eenvoudige gebod gegee wat jou sal lei op die pad na jou salig wording. Ek is die enigste Vader van alles wat bestaan, en vir My moet jy liefhê met jou hele hart en jou hele siel en jou hele verstand. En jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Jy moet niemand of niks anders aanbid en aanroep nie, maar slegs vir My. Tog is daar baie wat ander gode aanbid, selfgemaakte wêreldse gode in hul soeke na eie mag. Wanneer daar hoogmoed, selfsug, oneerlikheid, onreg, verknogtheid aan die aardse besittings en aan aardse genot in jou is, kan Ek nie in My volmaaktheid en volheid by jou wees nie. Wanneer sagmoedigheid, nederigheid, verdraagsaamheid,geduld, opregtheid,mededeelsaamheid en regverdigheid in jou is, dan kan Ek in My volmaaktheid en volheid in jou en by jou wees. Hoe meer liefde jy dan in jou hart het en gee, hoe meer sal jy ontvang. Maak jou hart en gemoed skoon van dit wat jou weghou van iefde af. Jou ingebore kompas, jou gewete, sal vir jou aandui wat jy moet regstel, oorweeg net alle aspekte van jou lewe baie mooi, en meet dit aan My gebod. Jy het ‘n baie groot geskenk ontvang, groter as wat jy nou kan besef. Jy het die geleentheid om volwaardig My kind te wees, om te deel in alles wat Ek het. Ek is die liefde wat elke sel in jou liggaam aan die lewe hou, Ek is die Liefde waaruit jou kosbare siel voortgespruit het, en Ek gee hierdie geskenk van lewe aan jou. Neem dit in liefde aan, soos wat ek dit in Liefde gee. Ek deurdring alles. Ek is baie naby aan jou. Ek is die Een wat in jou hart, jou diep emosionele wese is. Ek is die Een wat nou deur jou oë na die wêreld kyk. Ek is oneindig lief vir jou met My volmaakte liefde, en niks sal dit ooit verander nie.”Amen.♥ Seenwense!
Posted on: Sun, 27 Oct 2013 12:58:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015