Minder-ernstige aanklagte is nou teen die Tsjeggiese voortvlugtige - TopicsExpress



          

Minder-ernstige aanklagte is nou teen die Tsjeggiese voortvlugtige - Radovan Krejcir - gelê. Hy word nou aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer en van ontvoering. Krejcir is gisteraand by sy huis in Bedfordview oos van Johannesburg in hegtenis geneem met die polisie wat aanvanklik gesê het dat hy op n aanklag van poging tot moord in hegtenis geneem is. Op n mediakonferensie in Pretoria het die nasionale polisiekommissaris - Riya Phiyega, vandag gesê dat hy en n medebeskuldigde Maandag in die landdroshof op Alberton aan die Oos-Rand sal verskyn. Hy het na bewering in Junie n man aan die Oos-Rand ontvoer en aangerand. RSG
Posted on: Sat, 23 Nov 2013 19:04:05 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015