Mueslibeskuit 700 g botter 750 mℓ karringmelk 500 mℓ - TopicsExpress



          

Mueslibeskuit 700 g botter 750 mℓ karringmelk 500 mℓ suiker 4 eiers, geklits 1,5 kg bruismeel 45 mℓ bakpoeier 7 mℓ sout 300 g graanvlokkies 300 g muesli Smelt die botter in n swaarboomkastrol en voeg die karringmelk en suiker by. Verwyder van die hitte en voeg die eiers by. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Voeg die bottermengsel, graanvlokkies en muesli by. Meng goed. Vorm die mengsel in balletjies en pak dit in gesmeerde oondpanne. Bak 45 minute lank in n 180°C-oond. Keer dit uit op n draadrak om af te koel, maar breek die balle terwyl dit nog effens warm is. Droog die beskuit oornag in n 50°C-oond. Hierdie resep maak sowat 140 stukke beskuit.
Posted on: Thu, 07 Nov 2013 11:03:21 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015