My Naam is Ellen Pakkies is op 21 September by die Hoërskool - TopicsExpress



          

My Naam is Ellen Pakkies is op 21 September by die Hoërskool Durbanville Ouditorium om 15:00 sowel as 20:00. Die aangrypende verhaal van Ellen Pakkies, n oënskynlike doodgewone vrou van die arm woonbuurt Lavender Hill buite Kaapstad, wat haar seun Adam, sy het hom Adam genoem, n tik verslaafde vermoor het. Die verhaal het wereldwyd opslae gemaak. Hierdie is n verhoogstuk wat almal behoort te sien. Dit het n ouderdomsbeperking van 16 jaar. Vinette Ebrahim van 7de Laan vertolk die rol van Ellen Pakkies en haar seun Abie word gespeel deur Christo Davids van 7de Laan. Regisseur en teksskrywer is Lizz Meiring. Vertoning is 60 minute en het n ouderdomsbeperking van 16VL. Bespreek by Bakgat Promosies 021 981 5010 of Computicket. Daar is pryse vir Groep besprekings sowel as vir Studente en leerders ouer as 16 jaar. Kaartjies kos tussen R100 en R120. Navrae Christo 082 895 5093. Bring genoeg tissues en sakdoeke saam. Hierdie is regtig n roerende verhaal.
Posted on: Mon, 01 Jul 2013 21:53:47 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015