My baba Joubert is vandag 8 maande oud. Waarheen gaan die tyd? - TopicsExpress



          

My baba Joubert is vandag 8 maande oud. Waarheen gaan die tyd? Ek is elke dag so dankbaar vir my gesonde kinders, wonderlike man, familie en vriende. Ons het gisteraand vir Angus Buchan se Ordinary People gekyk! Wow, amazing storie! Laat ‘n mens regtig dink aan hoe ons lewe elke dag. Ek self raak baie gou negatief as dinge verkeerd loop. Mens besef nie daar is ‘n doel daarmee nie. Ek probeer elke dag positief wees en net die mooi sien maar in my kop dink ek altyd aan die ergste of slegste wat kan gebeur, dan is die teleurstelling nie so erg nie. Dis nie ‘n manier om te lewe nie en jy jaag almal wat jy lief het weg van jou af! Oom Angus, jy het ons lewe en ek glo nog mense se lewe verander met jou fliek!
Posted on: Wed, 20 Nov 2013 06:35:26 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015