My boekkie vorder nogal goed, en moet ek se dit is nogal - TopicsExpress



          

My boekkie vorder nogal goed, en moet ek se dit is nogal wreederig, grapperig en jip soms passievol. Ek gaan seker nie die Loerrie prys kry vir beste roman deur n nuut opkomende skrywer nie, want ek is noggal swaar op die gekruide taal. Maar dit is ook nie die doel nie is dit. Ek het n paar goed wat hier bo rond rammel en jip soms kry ek beter idees en het ek al twee weergawes van hoofstuk 3, 6 en 7 geskryf. So gepraat van rond rammel, ek weet nie wat makeer my nie maar as ek my kan kry dink ek terug aan die dae wat was. Verstaan mooi die dae wat is, is actually nie so sleg nie en skryf ek dit maar toe aan die aanvaarding, genesings en aanpassisings proses waardeur n ou seker gaan, of miskien is ek maar net deur die kak dis al. Nou een ding wat ek geleer het in die nuwe verhouding ding is dat meisie mense laaik om te krap waar dit nie jeuk nie of te stir wat nie ge stir moet word nie. As daar eers n sms deurkom wat se “Jammer ek was siek die naweek, en jammer ek het jou naweek bederf agv dit” Dan manne weet jy rusie nie ver van die draai af nie. Nou n man het obviously seker n paar keuses. Ontken, ontken, ontken. Of paai vir Meraai. Weet egter dat jou ontkenning en paai eenvoudig net opgevolg gaan word met nog n emotional boodskap van selfbejammering of iets wat meer andag verlang. En aangesien ek die emotional range van n teaspoon het, wat al heelwat meer is wat ek gehad het voor die intensiewe behandeling en selfondersoek lesse een tot sestig, het ek dan ook die volgende geleer. Maak asof jou foon nie die boodskap ontvang het nie, smeer jou mooi harige boude daaraan af en beskerm die dag van saamleef met mekaar van more. Onthou tog net om daai message te delete, om vaders naam delete all previous conversations al was dit met die Pope, want dit kan altyd deurgetrek word na wat tans aan die gang is tussen julle. Sent message box empty, received message box empty, draft box emty. Want Eva se kijnd is neskuurig en ek pas nie my foontjie altyd op soos dit moet nie. Geen meisiemens kan getroef word as dit by kak soek kom nie….. Stap weg, stap weg. Weet een ding, niks wat jy se gaan haar mood sommer net so laat verander nie, jy kan nie jou magic wand swaai en se ziem zalla biem, weg met jou overactive hormone cycle nie. Jou kans om kop omhoog and victorious weg te stap is die selfde as Bafanna Bafanna s nom die world cup te wen. En dit manne is fotol, net mooi fotol.
Posted on: Thu, 22 Aug 2013 10:33:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015