My kind Waarom daardie trane op jou wang My kind ? Het jy dan - TopicsExpress



          

My kind Waarom daardie trane op jou wang My kind ? Het jy dan vergeet van die verbond wat ons bind ? Voel my aanraking in die vroeë oggend uur Sien die lig wat Ek jou stuur al dink jy dis van korte duur My hande is daar om jou te vang in die vorm van ‘n vrind En om die wolke weg te waai gebruik Ek die wind Wees stil voor My en raak rustig My kleinding Luister na die voëls want Ek het hul ‘n lied gegee om vir jou te sing Die woorde is min en tog so gepas Want Ek het jou seer reeds weg gewas Jy moet net ophou om dit te vertroetel en My vertrou Want Ek is die hoekstene waarmee jy moet bou Ek is die lig wat die donker laat verdwyn Ek is die enigste medisyne vir elke geestelike pyn Kom na My toe want Ek het jou geroep Kom na My toe want Ek het jou gesoek Kom deel jou pyn met My want Ek wil dit vir jou dra Kom vertel My van alles wat jou pla Neem My in jou vertroue want vandag en gister is net tydelik Die toekoms sal in ‘n oogwink verdwyn en jy sal aan My soom kom pluk Want Ek is altyd langs jou, reg om jou te steun Maar jy verkies om alleen te staan en te luister na die donder wat dreun Wees nie bervrees nie My kind Die wind is nodig om die wolke en donder te verdryf Voel My aanraking teen jou koue lyf Luister na My stem in die wind Ek wil jou stuur in die rigting van My Koningkryk Maar dan moet jy My toe laat om jou kruikels uit te stryk Kom na My toe almal wat dors en honger het Kom na My toe wat Ek is die Een wat op jou toekoms let. JESUS is ons ENIGSTE vertrooster, want Hy luister met AL SY aandag! Mag jou week vol nuwe uitdagings wees, mag jy alles wat jy doen met nuwe geesdrif aanpak, Want JESUS sal met jou wees!
Posted on: Fri, 16 Aug 2013 06:52:12 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015