My liefste dogtertjie As jy wil huil, bel my. Ek kan nie belowe - TopicsExpress



          

My liefste dogtertjie As jy wil huil, bel my. Ek kan nie belowe dat ek die redes vir jou hartseer kan regmaak nie maar ek kan probeer om jou weer te laat lag; As jy wil weghardloop, bel my. Ek kan nie belowe om jou tot ander insigte te bring nie maar ek kan verseker dat jy geselskap het op jou reis want ek gaan saam; As jy wil afpak, bel my. Ek kan nie belowe dat ek oplossings het vir al jou probleme nie maar ek sal luister tot jy stilraak; As iemand anders met jou baklei, bel my. Ek kan nie belowe dat hulle sal ophou nie, maar ek kan jou verseker dat hulle sal weet as hulle aan jou vat dan vat hulle ook aan my; As jy wil lag bel my. Ek kan nie belowe dat ek skreeusnaaks sal wees nie maar ek weet hoe ons twee oor die simpelste goed kan lag en giggel as ons twee bymekaar is; As jy verveeld is, bel my. Ek kan nie belowe om jou te vermaak nie maar ek kan langs jou kom sit terwyl die stilte met ons albei praat; As jy voel jy is ‘n totale mislukking of nie goed genoeg nie, bel my. Ek kan jou belowe dat jy sommer stukke beter sal voel as ek jou eers begin herinner daaraan watter ongelooflike mooi en spesiale mens jy is. Jy is my dogtertjie en een van my kosbaarste vondse in die reis van die lewe. Ek is ewig dankbaar vir jou liefde en dat jy my spesiale geskenk is van GoD Lief jou ongelooflik baie koelatjie
Posted on: Sun, 06 Oct 2013 21:38:07 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015