Namibiërs boos oor dorpnaam verander Beeld LEOPOLD - TopicsExpress



          

Namibiërs boos oor dorpnaam verander Beeld LEOPOLD SCHOLTZ Saterdag 17 Augustus 2013 Die bevolking van die Namibiese kusdorp Naminüs, wat tot onlangs die naam Lüderitzbucht (bekend as Lüderitz) gedra het, is massaal teen die hernoeming gekant, het die Duitse dagblad Die Welt gister berig. Pres. Hifikepunye Pohamba het die naamsverandering saam met enkele ander per dekreet aangekondig. Daar was geen openbare raadpleging nie. Sebastian Geisler het gister uit die dorp geskryf die inwoners het ’n SMS-aksie en ’n veldtog op Facebook begin om te protesteer. Die Namibiese koerante loop oor van kwaai briewe. Volgens Geisler sou die dorp “soos ’n absurde Duitse opelugmuseum” gelyk het as dit nie was dat die geboue uit die tyd van keiser Wilhelm II in allerlei helder kleure – blou, oranje, geel – geverf is en Toyota-bakkies in die strate ry nie. Die strate heet nog Bismarckstrasse en Bahnhofstrasse. “Die stad lê, so skerts mense graag in Namibië, so ver van die gebaande weë dat selfs die president vergeet het om ’n straat hier na hom te laat noem.” Geisler haal ook ’n woordvoerder van die toerismevereniging aan: “Die naamsverandering is toeristies selfmoord.” • Lüderitzbucht is genoem na Adolf Lüderitz, wat die gebied in 1893 van ’n Nama-hoofman gekoop het. • Nambië het die Caprivi-strook na die Zambesi-streek hernoem.
Posted on: Sat, 17 Aug 2013 07:51:05 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015