Neels Jackson is as uitvoerende joernalis en Kerkbode-redakteur - TopicsExpress



          

Neels Jackson is as uitvoerende joernalis en Kerkbode-redakteur aangestel. Hy aanvaar diens op 1 Desember 2013. Die Kerkbode is die amptelike mondstuk van die NG Kerk, en as sulks moet die NG Kerk-leierskap verantwoordelikheid aanvaar vir die standpunte en uitsprake van haar werknemer(s). Neels, aangestelde redakteur, het onlangs ‘n duidelike standpunt uitgespreek ten gunste van gay huwelike. Hy skryf oor die gay kwessie :Die NG Kerk praat deesdae graag oor menswaardigheid, maar solank kerkmense gays stereotipeer en byvoorbeeld die reg op ’n huwelik wil ontsê, sal dit hol woorde bly.” Oor homoseks: Dit is eenvoudig nie waar dat iemand gestereotipeer word wanneer enigiets wat hy doen deur God se Woord as ‘n gruwel geïdentifiseer word en deur gelowiges as sonde uitgewys word nie. Hierdie uitwys beteken nie per se dat die homoseksueel verwerp word nie. Dit is nietemin ontstellend dat ‘n persoon wie se gemelde standpunt aan die kerkleierskap bekend is, aangestel word as uitvoerende joernalis en redakteur van die NG Kerk se amptelike mondstuk. Dit is dan ook geen wonder dat, selfs met die Algemene Sinode van Oktober 2013, die kerk nie kon besluit het of homoseks sonde is of nie. Die “verdere besinning” en die “ondersoek” daaroor, beskou ek as niks anders nie as om ‘n weg te soek waarlangs die Bybel só “geïnterpreteer” kan word dat sonde nie meer sonde is nie – dat homoseks O.K. en aanvaarbaar is. Die Bybel noem dit telkens “in dieselfde asem” as die verskillende vorms van bloedskande en bestialiteit (ook “seksuele oriëntasie”), en maak op geen manier onderskeid tussen die verskillende seksuele oortredings nie. Dit is ‘n geval van “vinkel en koljander – soos die een is, is die ander”. Oor die evolusiehipotese: Dit is nie net in bogemelde opsig dat die NG Kerk besig is om die spoor byster te raak nie. ‘n Veel erger dwaling het reeds amptelik in dié kerk gevestig, nl. die evolusiehipotese. Reeds op 24 Junie 2009, te Carmelite naby Benoni, het die moderatuur besluit dat God se skepping soos in Sy Woord beskryf word, nie waar is nie. Hulle bely naamlik “die komplekse aard van al die WETMATIGHEDE waarbinne hierdie PROSES VAN SKEPPING plaasgevind het en NOG STEEDS ONTWIKKEL en funksioneer”. Daar was dus (volgens hulle) geen skeppingswonder waar God gespreek het, “en dit was so” nie. Hulle het ook geen beswaar dat lidmate in die evolusieleer glo, of dat kinders daarin onderrig word nie. Hulle “wetmatighede waarbinne hierdie skepping plaasgevind het”, is dan ook niks anders as die evolusieleer nie – wat op geen manier hoegenaamd met die Woord van God gerym kan word nie. Die evolusieleer het eenvoudig geen plek vir God se wonder-skeppingsmag, die sondeval en Jesus Christus as Verlosser van daardie sondeval nie. Per implikasie is daar nie meer ’n wederkoms, oordeelsdag, hel of hemel nie. Die Bybelse verhale oor die skepping, die sondeval, die sondvloed en nog meer, word deur teoloë afgemaak as mites en versinsels, maar hulle word stilswyend toegelaat om voort te gaan. Dit is niks anders nie as stilswyende goedkeuring. Hulpbronne: Baie en gevariëerde geskrywe, gesprekke, waarskuwings en vermanings is reeds oor ’n lang tyd gerig aan en teen die teoloë en kerkleiers wat hierdie leringe propageer. Sommige van hierdie gesprekke, waarskuwings en vermanings kan gevind word by die webblaaie glodiebybel.co.za, en hierstaanek/ . Behalwe op gemelde webblaaie, kan oorvloedige wetenskaplike bewyse teen die evolusiehipotese ook gevind word by (o.a.) creation/ en evolutionfacts.blogspot/ . Ter afsluiting: Hierdie sake is uiters dringend en vra van elke gelowige om sy/haar hande uit die moue steek en ten minste hulle stemme daarteen te laat hoor. Daar is nie meer tyd vir mooi broodjies bak, en sensitief- en diplomaties-gestelde teenkanting teen hierdie dwaalleringe nie. Dit moet duidelik en reguit aangespreek en en in duidelike taal beveg word. Ek wil hierdie kerkleiers (weereens) waarsku: Julle is blinde leiers wat blindes wil lei. Julle is doof en blind vir wat God se Woord duidelik uitspel. Om te beweer dat God se Woord julle enigste riglyn en fundament is, verswaar slegs julle skuld voor God en mens. Julle werk mee om n samelewing te skep van gesinsverbrokkeling en God-onterende praktyke. Dit is verfoeilik dat julle, pro-gay en pro-evolusie teoloë en kerkleiers, willens en wetens God se Woord in die naam van sogenaamde “teologie” per implikasie afmaak as outyds en uitgedien. Dit is n skande vir die NG Kerk dat sg. teoloë selfs die posisies beklee waarin hule aangestel is. n Mens sou verwag dat n teoloog ten minste weet wat in die Bybel helder en duidelik geskryf staan. God se Woord is klokhelder dat die huwelik gereserveer is as n verbintenis tussen een man en een vrou. Hierdie Woord is klokhelder dat homoseks n gruwel en n sonde is - afgesien van die oriëntasie van die dader daarvan. Dit verbaas my dat so min predikante hulle stemme in die media (waar die propaganda voortwoeker) laat hoor, en dat so baie predikante ‘n doodse stilte handhaaf of selfs meehelp aan die dwalinge. Dit verbaas my dat soveel lidmate hierdie verskeurende wolwe in skaapsklere maar net blindelings en klakkeloos volg, hulle Skrif-verdraaings en dwaalleringe vir soetkoek opeet en nie die dwalinge wat in mooi-klinkende woorde toegedraai word, raaksien of die erns daarvan besef nie. As julle, blinde leiers, nie wakker word en verander nie, sal God se toorn julle swaar tref. Julle behoort die weg te ken, daarom sal julle met dubbele slae geslaan word. Julle hou julle doof vir al die mooipraat, vermanings en teregwysings wat al aan julle gerig is. Julle het julle ore toegestop vir dít wat God wil. Die leiding wat julle gee sal nog baie lewens verwoes. Wees gewaarsku: God slaap nie - al glo julle selfs dít ook nie meer nie.
Posted on: Fri, 25 Oct 2013 22:19:17 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015