Nuwe kwartaal en baie nuwe dinge..... Die beheerraad van die - TopicsExpress



          

Nuwe kwartaal en baie nuwe dinge..... Die beheerraad van die skool het dit goedgedink om ‘n kersmark op die 23ste Desember 2013 te Lambertsbaai te hou. Hier sal die skool hulle eie stalletjie beman asook ander stalletjie-eienaars die geleentheid gee om ‘n paar rand te maak. Dr. Hayes, van Lambertsbaai, was so gaaf dat hy sy parkeerarea voor sy mediese gebou aan ons gegee het vir die dag. Dit is ‘n vreeslike sentrale plek en baie populêr. Ongelukkig het die perseel geen kragpunte en sou u krag benodig moet u asb. u eie kragopwekker voorsien. CPL KERSMARK Wanneer: 23ste Desember 2013 Waar: In die parkeerarea van die Mediese Sentrum – Lambertsbaai Koste per stalletjie: R400 Tyd: 9h00-9h30 tot laat Kontakpersoon: Me. T. van Zyl 027 4221 409 / [email protected] Indien u belang sou stel om u produkte by hierdie geleentheid te bemark, kontak my gerus by die bostaande besonderhede. Wees asb. so gaaf en stuur die epos na alle persone wat u glo belang sou stel.
Posted on: Tue, 01 Oct 2013 09:47:54 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015