O Vader, U wat ons so goed ken, weet presies hoeveel emosies daar - TopicsExpress



          

O Vader, U wat ons so goed ken, weet presies hoeveel emosies daar binne-in ons stoei. U ken ons verlede en hede en U weet reeds wat al ons môres inhou. Help ons om ons lewe onvoorwaardelik in U hande te plaas en U dan volkome daarmee te vertrou. Wees asseblief *ons Padwyser as ons verdwaal, *ons Leidsman wanneer ons antwoorde soek, *ons Trooster as ons hart wil breek, *ons Hemelse Geneesheer in tye van siekte, *ons Krag as ons steiltes moet klim, *ons Moed as ons hoop begin verloor, *ons Lig as dinge donker om ons raak, *ons Vreugde as ongeluk ons wil oorweldig. Sluit U groot hand van genade en seën saggies om ons brose menswees en loop asseblief die pad saam met ons, tree vir tree. Amen
Posted on: Tue, 03 Sep 2013 08:11:53 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015