Ok Annetjie, hoop dit werk. Die Hemel het nie ‘n nommer nie…. - TopicsExpress



          

Ok Annetjie, hoop dit werk. Die Hemel het nie ‘n nommer nie…. Ek wil my ma bel. Ek moet eenvoudig met haar praat. Al is ditnet vir drie minute.Ek wil weer haar stem hoor. Hoedat sy vir my sê: “My wêreld jong, is dit jy? Wat maak jy en hoe gaan dit met jou?Maar ek kan nie my ma bel nie. Want die Hemel het nie ‘n nommer nie. Nie onder H in die gids nie en ook nie in die geelbladsye nie. Dit is verstommend in hierdie tegnologiese tyd van knoppies druk en daar is nie ‘n lyn hemel toe nie!.As ek margarine koop, gly die kode verby die rooi liggie en die prys is op die kasregister,maar om met my Ma in die Hemel te praat, is uit.Ek is desperaat – en droom ek kom wel deur. “Kan ek assblief met my ma praat? Vra ek net vir drie minute asseblief? “ ‘n sagte stem vra: “bywatter afdeling? Afdeling “seker by hekel en naalwerk.” Sy was lief om altyd aanmekaar te sit. Die stem sê: “Jammer, ons het nie so afdeling nie. Ons is omgewe met die Lig. Ons is omvou met Warmte.” O, hulle het dus nie klere nodig nie. “Probeer die bak-en-brou afdeling.” Sys al sekerlik daar wees, ek het die laaste stukkie beskuit wat sy nog gebak het gevries – net on daarna te kyk. Die stem sê: “Jammer, ons het nie so ‘n afdeling nie. Ons leef van die vrug van die Gees. Dan het hulle ook nie ‘n behoefte aan kos nie. Ek bly ‘n rukkie stil. “Probeer asseblief die tuin-afdeling.” Natuurlik sal sy daar wees. Die roostuin is ‘n fees vir die oog en sy het die steggies self ingesit – sy sal daar wees. Die stem antwoord: “Ons saai en plant nie. Ons besit reeds die Ewige Saad.”Ek is nou desperaat. “Watter afdeling is daar dan? Vra ek. Die stem bly geduldig: “Ons het kore. “ Kore – nee wat, sy was nie juis ‘n sanger nie, al was sy lief vir musiek/ “Wat is daar nog? “ Die stem is steeds geduldig. “Daar is ook die wat by die voete sit van die Een wat onderrig.” “Sit hulle net?” wil ek nuuskierig weet. “Ek weet darem nie,my ma het nie juis net gesit nie!” “Hulle sit en luister na die Stem.” “O? Jas y daar sal daar wees!” jubel ek. Ek moes dit tog weet. Sy het altyd geluister. Haar oë, gesig en hele lyf het saam geluister. “kan ek asseblief met haar praat” vra ek opgewonde. “hulle wat luister, word nie onderbreek nie” sê die sagte stem. “Maar as jy wil kan jy saam luister.”Die droom is verby. Maar toe ek weer stiltetyd hou, onthou ek dit weer. En toe ek kneel, bid ek nie. Ek luister. Hy het immers gesê ek kan saam luister En ek luister. Ek hoor ‘n stilte vol vrede. En in die vrede is daar troos. En in die troos is daar arms wat my vashou. Sy vashou voel soos my ma se lyf. Nee, nog beter – volkom. Dit verdryf die verlange en die pyn. Ek word bewus van die lyn – direk hemel toe. Die lyn wat daar was van die heel begin af. Nog voordat almal so slim geword het. Die lyn wat nooit onderbreek word nie. Nooit beset sal wees nie. Die lyn is verniet, jy kry ook nie ‘n rekening nie. Jy hoef nie eens die nommer te onthou of op te teken nie. Die lyn hemel toe is net ‘n knie buiging ver.
Posted on: Fri, 05 Jul 2013 06:59:26 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015