***Op Versoek van Karin Rochelle*** Frikkadelle toegedraai in - TopicsExpress



          

***Op Versoek van Karin Rochelle*** Frikkadelle toegedraai in kool (6 porsies) 500 g beesmaalvleis 500 g varkmaalvleis 250 ml sagte broodkrummels 10 ml fyn koljander 1 ml fyn naeltjies 1 ml fyn neut sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 25 ml asyn 6 groot vars koolblare Verhit jou oond tot 150 °C. Meng die twee soorte maalvleis. Voeg broodkrummels by en meng. Voeg res van die bestanddele (behalwe die koolblare) by en meng goed. Vorm 6 frikkadelle en hou eenkant. Plaas koolblare in ’n groot bak en gooi kookwater oor. Maak seker blare is bedek met kookwater. Laat staan vir sowat 5 minute totdat die blare sag is. Haal uit en dreineer op kombuispapier. Sny die harde stronkgedeelte uit die koolblare. Plaas ’n frikkadel in die middel van ’n koolblaar en maak soos ’n pakkie toe. Plaas frikkadelle in ’n oondbak, toegevoude deel na onder. Gooi 125 ml kookwater in die oondbak en maak bak toe met tinfoelie. Sit in oond vir 1 uur. Van die water en sous sal uitkook. Haal uit en skep frikkadelle op ’n opdienbord. Sit voor saam met Tuisgemaakte tamatiesous en kapokaartappels
Posted on: Thu, 05 Sep 2013 17:21:28 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015