Op n mens se eie pelgrimsreis kom daar sekerlik ook tye wanneer - TopicsExpress



          

Op n mens se eie pelgrimsreis kom daar sekerlik ook tye wanneer jou eerlikste pogings deur ander verwerp word. Dit voel vir jou asof jou geloof verpletter word wanneer rampspoed en droefheid jou tref. En jy leer ken daardie duister oomblikke wanneer twyfel aan jou siel knaag en jy die vraag sonder antwoord moet vra: "Waarom?" Onlogies soos wat dit mag klink, is dit juis op daardie oomblik dat jy na die lewende Christus kan draai vir krag en beslistheid om koers te hou en sy pad te volg. Wanneer jy voor struikelblokke te staan kom,hou vas aan die Rots van die eeue en volhard in sy diens. Hierdie Jesus sal jou nie teleurstel nie en verseker jou van finale oorwinning.
Posted on: Tue, 03 Sep 2013 10:11:33 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015