Openbaring 53 18 Julie 2007 om 16h00 Daar is miljoene mense op - TopicsExpress



          

Openbaring 53 18 Julie 2007 om 16h00 Daar is miljoene mense op hierdie aarde wat dink dat die eindtyd profesieë slegs leë fabels is wat gebruik word om die mensdom die skrik op die lyf mee te jaag en dat dit nie werklik gaan plaasvind nie. Ek verseker julle egter, dat so seker as wat julle op hierdie aarde gebore is, so seker gaan julle ook sterf. Netso seker was daar `n begin van hierdie verlossingsperiode en so gaan dit ook tot `n einde kom. Soos wat die eerste aartsvaders die geboorte van hierdie verlossingstyd waargeneem het, so gaan julle geslag dit sien sterf. Met die aanhoor van hierdie vermaninge, stop nege-en-negentig uit `n honderd mense hulle self die ore toe, uit die een persent wat bereid is om met `n halwe oor hierna te luister, gaan daar slegs weer een uit `n honderd van hulle gered word. `n Slim wiskundige sal nou begin saamstem dat ons al nader aan die getal van honder-vier-en-veertigduisend uit `n wêreldbevolking van biljoene kom. Vanuit hierdie oorbevolkte aarde kom daar daagliks slegs `n paar halfhartige gebede en daarmee moet Ek tevrede wees, terwyl daar elke dag, honderdduisende grumoorde, selfmoorde, aborsies, verkragtings, verminkings, diefstal en roof plaasvind, ja, daar is te veel om op te noem. Die regerings se bydrae om hierdie misdaad hok te slaan, is om met omkopery en korrupsie vinnig `n paar Rand daaruit te maak, en dit deur middel van `n walglike regstelsel. Wat die Christendom met hulle kerke en leraars betref, word hierdie sondes, paaiend onder die mat gevee met die volgende gewilde en gerusstellende woorde. "God het vir al julle sondes en gruwels op die kruis gesterf", en hiermee word sonder enige verdere woorde, die groen lig aan hulle gegee om maar voort te sondig, en My grootste liefdesdaad ooit, word tot `n goedkoop gesegde gemaak, om elke gruwel te kan regverdig. My liefdevolle vermaninge word laggend in die wind gegooi en my liefde word spottend vertrap. Daarom is dit nie Ek nie, maar die wêreld homself wat hierdie laaste oordeel oor hom bring. En die eerste skaal staan gereed om te val
Posted on: Wed, 19 Jun 2013 07:12:05 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015