Openbaring 74 8 Augustus om 9h00 `n Sweep word gevleg vir die - TopicsExpress



          

Openbaring 74 8 Augustus om 9h00 `n Sweep word gevleg vir die kerke `n Sweep, die is Ek besig om te vleg waarmee Ek die wêreld baie hard mee gaan tref. Oral waar die mens ookal gaan, daar is die kerk met geld- en fondsinsameling, ja, sodat hoor en sien, daarvan kan vergaan en hiervan sien die armes nie `n sent daarvan. Die kerk het `n rowersnes geword, wat die weduwee uitsuig en ook die mens se siel die afgrond in verpes. Die mens, vas oortuig daarvan dat hy My dien, wil geen kwaad in hierdie swendelaars insien en tierend soos `n wyfieleeu wat beskermend oor haar welpies staan, sal hul nou vegtend oor korrupsie waak. Die mens, die dink van My, sy God, maar min, om My in so `n bedrogspul te wil vind. En die offer wat Mammon van hul vra, hieraan dra hul baie swaar en Ek, wat hulle hiervan wil bewaar, vir My kan hulle in hul blindheid, glad nie meer gewaar. Ja, `n sweep, die is Ek besig om te vleg, waarmee Ek die wêreld en sy kerk ongenadiglik gaan tref en weereens kom Ek self om die wêreld te kom reinig van hierdie liederlike rowersnes.
Posted on: Mon, 15 Jul 2013 07:37:04 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015