Openbaring 96 30 Augustus om 6h00 Die antichris koning reeds - TopicsExpress



          

Openbaring 96 30 Augustus om 6h00 Die antichris koning reeds hier Waak en bid, die skynverlosser van die wêreld is in julle midde. Wee die bewoners van die land van duisternis, wat die lig en die lewe met geweld van hulleself afweer en die wapen sal opneem om die laaste draers van God se lig van die aarde te probeer afvee. Ja, `n ongekende duisternis is besig om soos `n versmorende sak op die aarde neer te daal en vanuit hierdie donker nag tree die antichris koning openlik na vore, om sy baie kort heerskappy oor `n verlore wêreld te kom volbring. Sag soos `n lam, sal hierdie verskeurende wolf, vanuit sy nag na vore tree en `n valse helpende hand na `n vinnig verbrokkelde wêreld uitsteek, om sodoende die laaste moontlike ligkandidate vir sy duister koninkryk te kan win. Hierdie poging van hom sal egter jammerlik misluk en woedend sal hy nou in sy ware gedaante oprys, om met die hulp van sy tallose misleides, my lammers te kom verskeur. En daarmee saam sal die profesie in vervulling gaan, waar daar geskryf staan dat daar twee broers sal staan en Ek een sal aanneem en die ander een sal verlaat. Ja, die een broer sal die ander een oor My Naam haat en die duisternis sal alles in sy vermoë doen om die lig uit te kan doof. Maar My hand van beskerming sal Ek persoonlik oor elk van My ligdraers hou en in `n stikdonker nag sal die genadelamp van God, soos `n jong opkomende son, in die harte van My uitverkorenes skyn.
Posted on: Sat, 10 Aug 2013 06:27:30 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015