Our sincere condolences to Teuns Roos Family for their sad loss. - TopicsExpress



          

Our sincere condolences to Teuns Roos Family for their sad loss. Bonsai community has lost a founding member. OOM THEUNS ROOS Was dit nou vir my ‘n voorreg om as groentjie in hierdie bonsai kuns te kon kuier saam met ‘n man met 40 jaar se bonsai ondervinding. Oom Theuns word 87 wanneer hy in Julie verjaar, maar mens sou dit nie sê uit sy opgewondenheid en entoesiasme as hy oor bonsai praat nie. Oom Theuns was as jong man in die weermag waarna hy in 1949 in die motorbedryf in Brits betrokke geraak het. Hy is sedert 1982 afgetree. Sy vrou is in 1995 oorlede en hulle het drie seuns asook vier kleinkinders. Oom Theuns sê dat die beoefening van bonsai hom verskriklik gehelp het teen die eensaamheid omdat bonsai bome elke dag versorging en aandag nodig het. Dit gee jou iets om te doen en jy moet die bome versorg en dit hou jou besig. Hy sal enige iemand wat alleen is aanmoedig om bonsai te doen, want dit gee jou ‘n verpligting om na te kom. Oom Theuns se belangstelling in bonsai is geprikkel nadat hy in April 1969 in die Readers Digest ‘n artikel oor bonsai gelees het. Sy vrou was daardie tyd betrokke by blomme ranskikking en het hom vertel dat die Johannesburg bonsai klub by die Pretoria stadsaal ‘n uitstalling hou saam met die blomme klub. Sy het oom Theuns saam genooi om te gaan kyk aangesien hy belangstel in bonsai en daar het hy kontak gemaak met mense in die bonsai kuns. Daar is toe besluit om ‘n klub in Pretoria te stig wat toe in ‘n tuin in Queenswood plaasgevind het. Oom Theuns was dus een van die stigters lede van die Pretoria Bonsai Kai. Daarna het oom Theuns vir die volgende 20 jaar elke maand vanaf Brits na Pretoria gery om die vergaderings by te woon. Oom Theuns sê dat hy in die 40 jaar as lid by die klub nog nooit ‘n vergadering gemis het nie. Aan die begin het hy met alles wat hy in die hande kon kry geëksperimenteer. Hy het plante uit sy tuin gehaal en in potte geplant. Hy het op ‘n keer in Natal vakansie gehou en waar daar aan ‘n nuwe pad gebou is het hy ‘n klein Natal vy uit die wal sien groei. Hy het sy seuntjie op sy skouer getel om die boompie uit te trek en dit was sy eerste suksesvolle bonsai. En ja, hy het vandag nog daardie boom, 40 jaar later. Dit is die boom op die foto hier onder. Daar is al oor die wêreld afstammelinge van hierdie boom soos wat oom Theuns steggies maak en vir mense gee. Onderandere in Australië en New Zeeland. Oom Theuns sê dat hy van jongs af baie belanggestel het in bome maar dat die kuns om ‘n boom te vorm soos wat jy wil vir hom baie plesier verskaf. Hy dink dat hy huidiglik so by die 100 bome het. Nie almal is egter skou gehalte nie, voeg hy by. Hy werk baie graag met Wilde vye omdat hulle vinnig groei en jy relatief gou resultate kry en omdat jy van die kleinste mame tot groot bome kan maak. Sy raad is dat‘n growwe groeimedium vir vye vinnige wortel groei gee. Hy het nie werklik ‘n gunsteling styl nie maar hou van die natuurlike voorkoms van die Akasia spesies. Oom Theuns sê dat die belangstelling by die kai en die vriende wat hy daar het hom inspireer om aan te hou. Dit is vir hom baie lekker om te kan raad gee en dat ander lede ook belangstel in sy bome. Hy dink dat hy bereik het in die kuns wat hy wou en geniet nou die versorging van sy versameling. bonsaihunk.us/pic/South%20Africa%20(H350)/_MG_4866.jpg
Posted on: Tue, 23 Sep 2014 06:00:48 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015