P O T S K U U R D A G PAPPOT Het jy ook n pappot-vriendin ? So - TopicsExpress



          

P O T S K U U R D A G PAPPOT Het jy ook n pappot-vriendin ? So n lekker, rustige ou maat wat eenkant in jou lewe staan en prut? Jy weet presies wat onder haar deksel aangaan en jy maak nie die pap te dik aan nie. RYSPOTJIE Sy is lief vir skinder en jy vertel haar nie jou grootste geheime nie, want nes jy jou rug draai, loop sy oor. DRUKKOKER Sys die bekwame leier wat talle take op haar skouers neem en alles vinniger en beter as ander kan doen. Maar, selfs sy raak soms onder te groot druk en as sy nie dadelik afgekoel word nie, is die skade groot. DUBBELKASTROL Die afhanklike een wat net kan funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk verrig. PAN Sy is daardie oop, vriendelike mens: verberg niks onder n deksel nie en steek n lang arm uit om jou te help. Sonder haar is jou kombuis onvolledig en jou siel arm. Ondanks skete en tekortkominge, het elkeen van my potjies n plekkie op my rak. My hande mag dalk partykeer jeuk om hulle foute reg te wil skuur, maar wie sę ek is nie meer aangebrand as al my vriendinne saam nie? Dit is so waar, ons sien gewoonlik net dinge uit ons oogpunt uit, maar hoe lyk ons vir ons vriendinne? Ek het n les geleer uit hierdie een. Dit maak nie saak wie of wat ons is nie, alleen gaan ons sukkel om n smaaklike ete te maak, maar saam kan ons n koningsmaal voorsit. Dierbare vriendinne, ek is baie lief vir julle almal en ek dank die liewe Heer vir elke pot, pan en kastrol in my lewe. Geniet jul dag.
Posted on: Sun, 20 Oct 2013 07:17:33 +0000

Recently Viewed Topics




© 2015