PIPPIE BOEK IS N TOPVERKOPER... ...en die Krugers trek Sondag - TopicsExpress



          

PIPPIE BOEK IS N TOPVERKOPER... ...en die Krugers trek Sondag weer terug Lephalale toe - Valerie Cilliers ([email protected]) Desembermaand sal dit twee jaar wees sedert Pippie Kruger se ongeluk op hul familie plaas net buite Lephalale. Sedertdien het die familie baie hoogte en laagte punte beleef. Behalwe vir Pippie se wonderbaarlike herstel was die boek Pippie uit die pen van Coleen Naudé en haar ma Anice nog ‘n hoogtepunt vir die gesin hierdie jaar gewees. Die boek is verlede week by Christelike uitgewers maatskappy (CUM) se jaarlikse skrywersontbyt aangewys as een van die topverkopers. Anice en Pippie het ‘n groot verskeidenheid skrywers by dié geleentheid ontmoet, maar dit was veral hul ontmoeting met Evangelis, Angus Buchan, wat vir Anice en Pippie baie spesiaal was. Anice vertel dat Buchan hulle as gesin genooi het om die Kerstyd vir hom en sy vrou op hul plaas in Greytown te gaan kuier. “Dit is iets wat ons beslis wil doen. Hy is ‘n ongelooflike mens en ‘n mens kan so baie by hom leer,” het sy die week aan Noordelike Nuus gesê. Verdere groot nuus is dat Anice, Pippie en Arno Sondag weer terugtrek Lephalale toe. Oor dié vooruitsig sê Anice dat sy vir die eerste keer voel dat die tyd reg is om huis toe te kom. Dit is veral die twee kleuters wat baie opgewonde is. “Arno wil saam met sy pa in die Cruiser ry en as ek vir Pippie sê ‘ons gaan huis toe’, bewe sy sommer van opgewondenheid.” Anice erken dat dit nie maklik gaan wees om na twee jaar in Johannesburg, die stad en vriende wat sy daar gemaak het agter te laat nie. “Tog sien ek baie daarna uit om weer by familie en ou bekende vriende te wees,” vertel sy
Posted on: Fri, 15 Nov 2013 13:16:48 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015