Pieter M Judeel HANNOVER SE SPOOK MEISIE DEEL 1 ‘n Mens lees - TopicsExpress



          

Pieter M Judeel HANNOVER SE SPOOK MEISIE DEEL 1 ‘n Mens lees dikwels van spoke wat jou op eensame paaie, treinspore, huise- of watter ookal alleenige plekke besoek. Die opvolgende verhaal het ek gekry by ‘n ou oom – genaamd oom Gert Venter, nou ook al lank se tyd ‘n siel aan die anderkant van die skeiding homself. Die mense van Nylstroom en Jan Tin in Noord Transvaal sal oom Gert as treindrywer nog goed ter herhinnering kan roep. Hier volg dan oom Gert se storie: "Pieter, ja-Dit was lank gelede- nog voor ek by die Spoorwee gewerk het-laat in Desember 1961 toe ek een aand moes deurry vanaf Beaufort-Wes in die Karoo na Colesberg, omtrent so honderd en neentig myl vanaf Beaufort-Wes. Die pad tussen die twee dorpe was maar lank, en baie stil- in die droe Karoo. Ek is so teen nege uur die aand uit laasgenoemde uit, en het maar so tagtig myl gehandhaaf. Ek moes vir dringende besigheid na Colesberg gaan, die dat ek so laat die pad aangedurf het. Om alleen die ou paadjie te ry, was om dit die minste te stel, uiterste moord. Die paadjie was maar lank, reguit en eentonig, sonder baie ander motors. Karoo bossies en berge vergesel jou tot wie weet waar. Ek het uit Beaufort-Wes uit beweeg, en dit was nie lank nie, toe het die ou dorpie se liggies agter my in die stikdonker nag verdwyn, en ek was alleen op die lange stil en donker pad na my bestemming. Ek was so agt myl daar tussen die vlakte en Karoo wêreld in, en het my salig reggeskuif om die langpad rustig te vat . Die motor, ‘n ou Chevy 2, se ses silinder enjin het eentonig rustig gemurmur-sy skerp hoofligte het die pad taamlik ver verlig.Net toe ek duskant Hanover se stasietjie verbyskuif, merk ek ‘n vae gedaante aan die regterkant van die pad op. Eers het ek my glad geensins daaraan gesteur nie, maar na mooie betragting sou ek sien dit is ‘n jonge meisie wat langs die pad staan, en vir my beduie om te stop. Waar sy gestaan het, was dit die ene vlakte, met geen geboue of bome nie, net die karoobossies, die maan en die berge in die agtergrond. Ek was heel uit die veld geslaan oor die feit dat so ‘n jonge nooi daardie tyd van die nag somaar daar langes die pad staan. Nou ja, geen man wat sy sout werd is, laat ‘n jonge dame daardie tyd van die nag alleen langs die pad staan nie, en ek ook nie. Ek het my vereenselwig dat geen verkeer van agter kom nie, en het toe maar afgetrek langs die nooi. Wat vir my eienaardig was, was die feit dat daar geen enkele siel in die omtrek was nie, geen ligte van enige huis nie, en ook geen motor wat gebreek het nie. Die arme dingetjie was so sestien jaar soos ek haar geskat het, en skamel geklee in ‘n ou dun nagrokkie, boonop nog kaalvoet. Te eienaardig het ek toe gedog. WORD VERVOLG
Posted on: Sun, 04 Aug 2013 15:47:01 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015