Plaas asseblief ANONIEM! Hi almal ek het raad nodig!! Eks n ma, - TopicsExpress



          

Plaas asseblief ANONIEM! Hi almal ek het raad nodig!! Eks n ma, gelukkig getroud, en het 2 broers. My probleem is dat ons het n ma wat elke 24uur van die dag al ons vrye tyd beslag wi neem. Sy en my pa is werkende mense. Al ons kinders is self onderhoudend en doen redelik goed vir ons self. (So ons bly op ons eie..en sorg vir ons self) My ma kan dit nie vat as ons vriende oornooi nie, ons kan nie gaan kuier by vriende of familie of sys kwaad en begin of lelik aanmerkings maak of pla so aanhoudend dat ons onplesierig lyk. Dis altyd so, ons moet elke naweek soontoe gaan en as ons nie gaan nie gooi sy lelike skimpe en werk my pa teen ons op, wat een lelike fight veroorsaak. Sy het geen respek vir ons lewens en ons privaatheid, en as mens iets sê steek sy my pa op en die enigste ding wat hy wil doen is om appels te gooi, maar hoe slaan jy aan jou pa? Jy kan nie!! Ons was baie streng en met vrees groot gemaak. Hoe kan mens dit stop sit? Ons het juis verder weg getrek,maar dit stop nie. Ons word beledig, ons gevoelens word gemanipuleer en ek kan regtig nie meer so aangaan. Hul stop by ons huise ongenooid na ons vele keer sê ons wil nie mense sien of net sleg wees vir n dag,(so hul weet ons wil nie hê hul moet oorkom) dan stap hul in en maak aanmerkings soos hulle is ons ouers so hulle mag doen net wat hul wil. Selfs as ons ons kinders wil disipline leer word ons aangevat voor die kinders. My hart is baie seer en swaar en ek voel ek kan nie meer so aangaan, my huwelik gaan beginne ly. Wat kan mens doen, want praat, briewe skryf of selfs trek werk nie. Eks soos n ticking time bomb... *MISSY M*
Posted on: Mon, 11 Nov 2013 10:52:47 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015