REGSVRAAG VIR DIE WEEK Vraag: Hoe word werktyd - TopicsExpress



          

REGSVRAAG VIR DIE WEEK Vraag: Hoe word werktyd gereël? Antwoord: Hoofstuk 6 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes reël werkstyd. Artikel 6 sluit sekere persone uit, o.a. senior bestuurspersoneel. ‘n Senior bestuurswerknemer word omskryf as “’n werknemer met die gesag om werknemers in diens te neem, te dissiplineer en te ontslaan en om die werkgewer binne en buite die werkplek te verteenwoordig”. As daar aan hierdie definisie voldoen word, is daar geen vasgestelde diensure nie. Dit beteken nie dat werkgewer kan verwag dat onbillike lang ure gewerk word nie. As die definisie nie van toepassing is nie, is werksure ingevolge Artikel 9 soos volg: - 45 ure per week: 9 uur per dag in ‘n 5 dag-werkweek - 8 ure per dag in ‘n 6 dag-werkweek. Meer as gemelde ure is maak die werknemers geregtig op oortyd. Die werkskontrak bepaal of daar 5 of 6 werksdae sal wees. Inspekteurs van die Departement van Arbeid het magte om enige nie-nakoming van die Wet op Arbeidsverhoudinge te ondersoek en reg te stel. Indien die lid binne die bepalings van die Wet val, moet hy dit persoonlik met die Departement van Arbeid opneem
Posted on: Wed, 09 Oct 2013 06:45:29 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015