RINGVINGER GEDRA??? WANT Die Duim verteenwoordig jou OUERS Die - TopicsExpress



          

RINGVINGER GEDRA??? WANT Die Duim verteenwoordig jou OUERS Die Wysvinger jou BROERS en SUSTERS Die Middelvinger is jy - JOUSELF Die Ringvinger, jou EGGENOOT (jou man of jou vrou) Die Pinkie, jou KIND(ERS) Eerstens, maak jou hande oop, vingers teenoor mekaar en buig/vou die middelvingers inwaarts. Plaas die duim van die een hand teen die duim van die ander hand en doen so met al die vingers, BEHALWE met die twee middelvingers. Daardie twee vingers moet "ingevou" word, sodat die middelste litte aan mekaar raak. Nou, probeer jou DUIM, wat jou OUERS verteenwoordig, wegvat/oopmaak van mekaar. . . jy kry dit reg, nè??!! Dit is omdat jou OUERS nie bestem is om jou hele lewenspad saam met jou te stap nie. Hulle gaan jou een of ander tyd verlaat. Maak nou jou duime weer toe/bymekaar en probeer jou WYSVINGERS, wat jou BROERS en SUSTERS verteenwoordig, wegvat/oopmaak van mekaar. Jy sal dit ook kan regkry, want jou broers en susters sal eendag gesinne/families van hul eie hê en so ook hulle aparte lewens lei van joune. Sit jou wysvingers weer terug bymekaar en probeer nou jou PINKIES, wat jou KINDERS verteenwoordig, wegvat/oopmaak van mekaar. Hulle òòk sal oopgaan, want jou kinders gaan ook eendag kinders van hulle eie hê, hulle eie gesinne en families hê, apart van joune. Laastens, plaas jou pinkies weer terug bymekaar en probeer nou jou RINGVINGERS, wat jou EGGENOOT (jou man of vrou) verteenwoordig, wegvat/oopmaak van mekaar. Jy kan nie!! Al probeer jy HOE hard, sonder om jou ander vingers oop te maak! Hoekom??? Want Man en Vrou is bestem om hulle lewenspaaie saam te loop, 7x7 sakke sout saam op te eet, deur dik en dun mekaar onvoorwaardelik lief te hê!!! En DIS hoekom ons ons trouringe aan ons ringvingers dra!
Posted on: Wed, 28 Aug 2013 05:53:30 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015