SKOENE VAN GISTER Al is jou spore vergete al is jou sole - TopicsExpress



          

SKOENE VAN GISTER Al is jou spore vergete al is jou sole verslete al is die pad lank en swaar die skoene moet jy dra jou verlede klou verbete aan die veters van jou gewete Maak jouself los van jou GISTERS dis verby LEEF vir vandag want dis al wat jy het Hoe dikwels klou ek en jy nie nog aan die veters van gister vas nie oor dit wat ons moes of nie moes doen nie As die lewe of mense jou al onderste... bo gestamp het sal jy weet hoe moeilik dit is om jou ou skoene van gister uit te trek en met nuwes verder te stap Die skoene van GISTER is mos lekker sag en gemaklik en uitgetrap terwyl die NUWES jou druk en knyp. Vader help my om los te kom van al my gisters, sodat ek my mores kan leef. Amen.
Posted on: Wed, 26 Jun 2013 05:27:47 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015