STEEDSHERVORMERS MÉÉN ONVERANDERDE HERVORMERS Dit ís die - TopicsExpress



          

STEEDSHERVORMERS MÉÉN ONVERANDERDE HERVORMERS Dit ís die ironie dat die steedsHervormers oënskynlik die wegbrekers van die NHKA ís, terwyl juís hulle aan die ou Hervormde Kerk wil vashou. En dit is juis die NHKA en sy leidingnemers (die AKV’s, die FT, lede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, Predikantevergadering ens) wat ′n nuwe weg wil inslaan. Dit help nie om die Kerk in sy gewone lidmate te mislei deur voor te gee dat die NHKA wil bly wat hy was en die steedsHervormers wil word wat hulle nie was nie! Klinkklare bewyse vir ons stelling kom opnuut weer aan die lig in die artikel wat dr Wim Dreyer, skriba van die Kommissie van die AKV, in die HTS geskryf het. Ongelukkig ís die artikel in die voorkeurtaal van die HTS en die Fakulteit waar die skrywer dosent ís, in Engels. Een skrywer wat die enigste Kerkregboeke in die Kerk geskryf het en wat die presbiteriaal-sinodale regeervorm van die Kerk in sy eeue oue Reformatoriese geskiedenis onderrig het, word afgespeel teenoor ses leiers van die Kerk wat pleit vir ′n nuwe paradigma. Die een wat die verouderde en verwerplike regeer-vorm handhaaf, ís professor AD Pont. Die ander ses wat teenoor ons heersende kerkbeskouing aangehaal word, is proff Bart Oberholzer, GMM Pelser, GC Velthuysen, LJS Steenkamp, J Buitendag en TFJ Dreyer. Die skrywer, die genoemde skriba van die Kom van die AKV, pleit vír dieselfde nuwe rigting as die aange-haalde ses. Daarom haal ons kernsinne van díe ses aan. Dan kan die leser self besluit of dít die steeds-Hervormers, die beswaarmakers, ís wat ′n nuwe toekoms vír die Kerk beoog en of dit die ses geeste ís wat beproef moet word of húlle nie die winde van verandering aanblaas nie. Moenie dat ons feite verdraai en dan ons verdraaiings verbloem nie! 1 JP Oberholzer Van Oberholzer word gesê: ″His words reflected a growing impatience with an outdated ecclesiology″. Later (ná 1995 in 1999) het hy gesê: ″the new millennium confronts us with the failures of almost everything that kept the church occupied.″ Word die prediking, die teologie, die kategese, die pastoraat en die aposto-laat onder die ″almost everything″ ingesluit waarmee die Kerk misluk het? Kom hierdie alarmkrete nie neer op radikale kerkverandering nie? 2 GMM Pelser Dat Pelser in sy navorsing aangeduí het dat ′n ″diversity of ecclesiologies distinguishable in the New Testament″ ís, funksioneer ín Dreyer se artikel klaarblyklik dat die Kerk in sy veranderingsdoelwitte daarop kan reken om binne die Bybelse of Nuwe-Testamentiese kerkbeskouing te bly. Die vraag ís waarom moet die oue wat óók Nuwe-Testamenties is, afgewerp word? 3 GC Velthuysen Dreyer vind in sy soeke na ′n nuwe kerkbeskouing ook steun by die dogmatikus van wie hy sê: ″GC Velthuysen propogated a move away from the prevalent form of church.″ Kan ons maar gesus word met ″niks het (of sal) verander nie″? 3 LJS Steenkamp Die oorskakelartikel wat die Kerk wil laat oorskakel na ′n nuwe paradigma vind ook steun by ′n skrywer wat in sy artikel weinig teologiese diepgang vertoon: ″The heart of being a church should be a missional and diaconal presence in the world whích flows from a living faith in Jesus Christ.″ Die barmhartige teen-woordig wees van die kerk in die wêreld word geïdentifiseer met die teenwoordig wees van God self in die wêreld, in die raamwerk van die sogenaamde missio Dei. Dui dit geensins op ′n veranderingsug van ons kerktipe, ons kerkkarakter, ons kerktradisie, sy roeping en wese nie? 5 J Buitendag Van ′n vorige voorsitter van die AKV en die huidige dekaan van die Fakulteit Teologie word gesê: ″He was influential in bringing about a new understanding of the Church. He also accentuated an ecumenical approach to ecclessiology ... The church must enter a process of transformation, or it will become totally ir-relevant in the 21st century.″ Waarom word die gewone kerkvolk in die duister gehou dat winde van verandering besig ís om opgejaag te word op die kerkwerf? 6 TFJ Dreyer Die onderhawige oorskakelartikel sê van TFJ Dreyer ″indicating the high level of stagnation in the NHKA and its inability to adapt to a new context ... In general terms, it ís accepted that change only takes place once we change our understanding of reality, when we create a new language and work creatively with new ideas and new realities. From this, one may deduce that ′reformation′ should start with a new under-standing of the nature of the church.″ In die gees van bogenoemde teoloë se versugting om verandering van die Kerk, gaan Wim Dreyer dan voort om perspektieflyne van ′n nuwe Kerk te trek. Hy haal daarvoor die woorde van N Niemandt van die NG Kerk aan: ″The reformation of the church whích is needed in the 21st century, leaves nothing untou-ched and requires changes at the deepest levels of the church.″ Dan gaan hy voort: ″Adaptive change begins with a new understanding of what it means to be a church. Adaptive change ís about changing the hearts and minds of individual congregants as well as the church collectively.″ Wim Dreyer, wat huidig skriba van die NHKA is en dosent aan die Fakulteit, sê: ″In my víew, the NHKA needs to move from a typical presbiterial-synodal ecclesiological paradigm to a missíon Dei paradigm, based on missional ecclesiology.″ Twyfel iemand nog aan die oogmerke van huidige kerkleiers om ons Kerk om te dop? Meen iemand nog dat daar tog niks ingrypend in ons Kerk gaan verander nie? Wil iemand nog steeds maar stil wees en net kerkwees – terwyl die Kerk onder ons uitgly? Op 14 November 2012 (Omsendskrywe 17/2012 aan Predikante, Kerkrade, Ouderlingvergaderings, Lidmate) skryf die Kommissie van die AKV: ″Waarvan elke lidmaat seker kan wees, is dat die NHKA steeds die Hervormde Kerk is waarvoor hy/sy nog altyd lief was. Niks het ver¬ander nie en niks gaan verander nie.″ Is hierdie woorde, gesien teen die voorafgaande bespreking, waar¬heid of verbloeming – om dit sag te stel? Kom, wees tog eerlik teenoor die lidmate! Steeds Hervormers méén onveranderde Hervormers, toegewyde kerkmense, ernstige gelowiges. -Professor HG van der Westhuizen
Posted on: Sat, 24 Aug 2013 19:25:26 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015