Steve Hofmeyr Maroela Media het vroeër die week berig Steve - TopicsExpress



          

Steve Hofmeyr Maroela Media het vroeër die week berig Steve Hofmeyr gaan glo ‘n paar staatsamptenare warm onder die kraag hê oor ʼn nuwe liedjie wat hy tans opneem. Klik hier om meer te lees. Steve het Woensdag op Twitter gewaarsku dat die liedjie moontlik nie oral ewe goed ontvang sal word nie. Hy het ook onderneem om die lirieke aan Maroela Media te stuur om eksklusief eerste te publiseer. Hier is dit nou, uit Steve se pen… Die Government Song Ek kry hom in ʼn hoek op ʼn kroeg in De Aar Hy tokkel vir kontant op ʼn ou kitaar Hy sê 23 doppe sal hom deur kan dra Maar sy oë sê my anders sy oë se hy’s klaar Ek sê hom ek is Wim, hy vra my waarvandaan En hoe voel dit om so naby aan ʼn loser te staan Hy sê die bier is op my, die joke is op hom En as ek lank genoeg bly sing hy die Goverment Song Hy sing ʼn mielieboer John-Deer-Hilux song Jy gee jou wins vir die government en sê so long Hy vat jou vrou en jou kinders en hy vat jou hond Sê my oom Wim waar sal ek weer begin? Hy vat alles op die plaas en hy eis ook die grond Hy vat jou oupa se stories en die kos uit jou mond hy vat die skoene aan jou voete en die taal op jou tong Sê my oom Wim waar sal ek weer begin Hy sê my oom jy weet nou ek’s ʼn government man Alles wat ek maak sal vir die government gaan My oupa was ʼn Strijdom en ʼn Hertzog man My ma was vir Smuts maar ʼn nooi Malan Jy sien my enigste sonde is die tyd my pel Dis die tyd en die plek en die kleur van my vel My voorvaderspoor was ʼn lydensweg Maar k*k en betaal is my geboortereg maroelamedia.co.za/blog/nuus/steve-se-lirieke-vir-die-government-song/
Posted on: Fri, 27 Sep 2013 11:23:18 +0000

Trending Topics



le="min-height:30px;">
Reverter a entrega Adriano Benayon * 12.09.2013 Continuam

Recently Viewed Topics




© 2015