Stukkie uit Angus Buchan se boek: n Mosterdsaad. Persoonlike - TopicsExpress



          

Stukkie uit Angus Buchan se boek: n Mosterdsaad. Persoonlike verhouding Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeer ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. Efesiers 2:13. Voor ek Jesus leer ken het, was ek beslis aan die buitekant besig om na binne te kyk. Ek het mense wat kerk toe gegaan het beny, maar het nie besef dat die kerk daar was vir my, n sondaar, nie. Ek sou God se teenwoordigheid begeer, daarna smag. Dit was eers nadat ek wedergebore is, nadat ek erken het wat Jesus Christus vir my gedoen het, dat ek besef het dat Hy sy bloed vir my vergiet het sodat my sondes vergewe kon word en ek sy Allerheiligste kon betree. Wat n dag was dit nie gewees nie! Nooit weer wil ek weer aan buitekant staan nie. My intimiteit met die Here is vir my belangriker as enigiets anders op aarde. Die engiste manier waarop ek kan verseker dat dit behoue bly, is deur my verhouding met Hom. Die onus rus nie eens op my nie, maar op Hom. Dit is wat so besonders is. Die enigste ding wat my van God kan skei, is die sonde wat ek toelaat. Hy sal nooit ophou om my lief te he nie. My gebed vir elkeen van ons wanneer ons in die wereld uitgaan, is dat ons nie sal toelaat dat ons verhouding, ons nabyheid om op enige manier skade ly weens die sonde in ons lewens nie. My liewe vriend, Vader God is so n heilige God dat Hy nie eens na sy geliefde Seun kon kyk toe Hy aan die kruis gehang het nie, omdat Jesus die hele wereld se sonde op Homself geneem het. Wandel vandag in regverdigheid en heiligheid. Wandel in geloof in die Seun van God wat jou liefhet en sy lewe vir jou gegee het. Sodoende kan die intimiteit net meer word. Wanneer Hy naby jou is en jy naby Hom is daar niks wat jy hoef te vrees nie. Daar is niks wat jou kan skade aandoen nie. Niks in hierdie wereld kan aan jou raak nie.
Posted on: Fri, 01 Nov 2013 04:31:09 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015