Stukkie uit Angus Buchan se boek: n Mosterdsaad. Wat vir die mens - TopicsExpress



          

Stukkie uit Angus Buchan se boek: n Mosterdsaad. Wat vir die mens onmoontlik is, is vir God moontlik Niks is vir God onmoontlik nie. Lukas 1:37. Terwyl jy vanoggend opgestaan het, het jy dalk vir jouself gese: Wel, vandag weet ek nie wat om te doen nie. Ek het alles probeer en niks werk nie. George Mueller, die magtige man van God wat letterlik deur God gebruik is om berge te versit en wat gedurende sy leeftyd 121 000 weeskinders in sy kinderhuis gehuisves het, het in geloof geleef. Toe hy gevra is wat die geheim van sy sukses en sy seevierende Christelike lewe is, het hy gese: Daar was n dag toe ek gesterf het, volkome gesterf het; gesterf het as George Mueller, sy opinies, sy voorkeure, smake en wil; gesterf het vir die wereld, die wereld se goedkeuring of sensuur; gesterf het vir die goedkeuring of skuld van my broeders en vriende; en sedertdien het ek daartoe gewerk om goedkeuring in God se oe te verkry. Daar, my liewe vriend, is die geheim daaraan om dinge vir God te doen wat vir die mens onmoontlik is, maar vir God moontlik is. George Mueller het daarna gestreef om goedkeuring in God se oe te verkry. As jy jou aan die mensdom se grille en giere gaan steur, die persoon en daardie persoon se opinies, sal jy nooit, ooit enigiets noemenswaardig vir God bereik nie. Wanneer ek preek, se ek altyd vir mense dat ek nie in hulle opinies belangstel nie en hulle ook nie in my moet belangstel nie. Al waaroor ons besorg is, is God se opinie oor n saak. Sterf vandag aan jouself. Moet jou nie aan ander se opinie van jou steur nie. Begin om vir Jesus te leef en dan sal jou lewe drasties verander deur geloof. God stel altyd geloof op die prys. Dit maak nie saak watter situasies jy vandag in die gesig staar nie. Dit mag dalk so n groot berg wees dat jy voel jy nooit dit sal kan oorwin nie. Vra God se opinie oor die saak. Moet jy voortgaan met jou onderneming of dit sluit; moet jy emigreer of bly; moet jy trou of enkellopend bly? God sal vir jou wys deur sy Woord. Staan dan vas by jou besluit en Hy sal jou beloon. God sal jou seen waar jy vandag in geloof wandel.
Posted on: Sat, 19 Oct 2013 08:11:19 +0000

Trending Topics



class="stbody" style="min-height:30px;">
University of La Verne announces new scholarships for
Get in position to receive your inheritance. Many have set 2015
Hi everyone, today I have a clearance of my old setup. All gear
PLEASE WATCH ... Join me in praying for all new believers to

Recently Viewed Topics




© 2015