Stukkie uit Angus Buchan se boek: n Mosterdsaad. - TopicsExpress



          

Stukkie uit Angus Buchan se boek: n Mosterdsaad. Tevredenheid ...wees tevrede met wat julle het... Hebreers 13:5. Tevredenheid is volgens my een deug waarna almal in hierdie laaste dae soek. Gemoedsrus, om rustig te wees, vrede te ervaar. Andrew Murray, die grootste Suid-Afrikaanse prediker, leermeester en skrywer van verskeie boeke, was n man van God wat die grootste herlewing wat Suid-Afrika al beleef het laat plaasvind het (ons glo dat die heel grootste herlewing nog sal kom, sommer binnekort!). Hy het verwys na die diep see van kalmte. Hy het gese: Nededrigheid is perfekte stilte van die hart. Dit is om geen probleme te he nie. Dit is om nie verknies of geirriteerd of seer of teleurgesteld te wees nie. Dit is om niks te verwag nie, om oor niks te wonder wat met jou gebeur nie. Dit is om rustig te wees wanneer niemand jou prys nie of wanneer jy blameer of gehaat word nie. Dit is om n geseende huis in die Here te he waarheen ek kan gaan en die deur kan toemaak om in die geheim voor my Vader te kniel waar ek vreedsaam is in die diep see van kalmte, terwyl daar oral om en bo my moeilikheid is. Ons moet na daardie tevredenheid soek. Dit moet ons hemelse Vader, ons Ouer so kwel wanneer hy sien hoe sy kinders hulle bekommer en heen en weer hardloop en probeer om vrede en n rede om te lewe te vind. Probeer om vandag tyd saam met God deur te bring voor jy werk toe gaan, en laat die tevredenheid van Jesus dan by jou wees. As jy verder lees, sal jy sien dat vandag se vers eindig met die woorde: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.
Posted on: Thu, 28 Nov 2013 10:41:15 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015