Stukkie uit Angus Buchan se boek: ‘n Mosterdsaad. “’n Sagte - TopicsExpress



          

Stukkie uit Angus Buchan se boek: ‘n Mosterdsaad. “’n Sagte antwoord” “’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam.” Spreuke 15:1. Ek was nog altyd maar kort van draad, baie wisselvallig en plofbaar, veral voor ek die Here Jesus Christus leer ken het as my Verlosser. Ek glo en vertrou dat ek my humeur beteuel het sedert ek die Here Jesus Christus leer ken het. Deesdae raak ek opgewonde oor die regte dinge. Ek besef dat so dikwel s wanneer iemand ‘n harde word gebruik, dit ander mense kwaad maak. Wanneer jy vandag jou werk doen, wees bedagsaam. Dink voor jy praat, veral met jou huweliksmaat. Begin om op ‘n sagte, vriendelike wyse te praat en God sal sorg vir die res. God sal ‘n potensiele argument afwend met ‘n sagte antwoord. Hy sal ‘n moontlike bom ontlont deur ‘n vriendelike antwoord. Dit kan selfs jou lewe red as jy antwoord soos Jesus sou. Miskien moet jy ‘n bietjie dink oor daardie armbandjie wat so baie mense dra met die letter WSJD (Wat sou Jesus doen?) daarop. Voor jy antwoord op ‘n ietwat ongevraagde verwyt, dink hoe Jesus sou antwoord en antwoord dan so. Jy sal sien dat mense sal skaamkry, veral diegene wat jou valslik beskuldig. Hulle sal skaam wees vir die wyse waarop hulle met jou praat en jou agterna om verskoning vra. Gaan vandag uit as God se gesant en onthou dat wat ook al jy se, wat ook al jy doen, dit gaan die Naam van ons Here affekteer, want mense weet wie jy is. Gaan in geloof en roep die dinge wat nie bestaan nie aan asof dit reeds werklikheid is. Vertel mense van die Koning wat binnekort kom. Vertel mense op ‘n sagte en vriendelike wyse dat Jesus hulle liefhet en jy sal herlewing beleef, want wanneer ons Jesus se taal met mense praat, sal hulle woede ontlont word en sal hulle op soortgelyke wyse reageer, in liefde en vriendelikheid. Voor jy vandag uitgaan, praat met God oor mense voor jy met mense oor God praat, en dit sal ‘n reuse verskil in jou lewe maak.
Posted on: Thu, 28 Nov 2013 07:14:03 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015