TRANE MET TUITE EN ASEMLOOSHEID. GESKRYF DEUR: ESTHER, JOHANNA - TopicsExpress



          

TRANE MET TUITE EN ASEMLOOSHEID. GESKRYF DEUR: ESTHER, JOHANNA (ESTIE) COETZEE Vader, dit is nie die einde nie, maar die begin. U het nog nie die laaste woord oor ons lewens uit gespreek nie. Ons is nie ʼn sierstofdief nie. Ons is nie net ʼn asem van ʼn mens nie. Ons moet ons asem oor die dinge van die lewe laat gaan wat vir U saak maak. Die lewe het ons al na asem laat gryp. Deur U genade het ons geleer om ʼn lang asem te hê, om die lag van geloof te lag. Daar is dinge in die lewe wat net asem mors is. Daar is dinge wat ons in een asem kan noem. Daar kom tye wat ons ons asem moet ophou. Daar kom tye wat ons asem moet skep. Daar is positiewe en negatiewe dinge in die lewe wat ʼn mens se asem wegslaan. Daar kom tye wat ons begeer om net weer te kan asemhaal. Daar kom tye wanneer ons asemloos is. Tye wat ons dinge ontken, erken en herken. Tye wat ons dinge met ʼn verkeerde of positiewe beeld sien. Tye wat ons negatiewe of positiewe mondelinge of skriftelike tyding ontvang. Hoe nader ʼn ding kom hoe meer opgewonde of negatief kan ʼn mens raak. As kind van U moet ons standpunt in neem teen die negatiewe dinge in die lewe. Ons benaderingshoek verander. U ken ons naderingswerke. Ons is nie meer gister se kind nie. Ons is al ouer as kind wees. Ons moes baie trane met tuite huil. Trane wat U elke keer moes afwis.
Posted on: Mon, 22 Jul 2013 21:30:01 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015