Tessa Melkkos ~ RSG Bestanddele en Metode Dit behoort so 15 - TopicsExpress



          

Tessa Melkkos ~ RSG Bestanddele en Metode Dit behoort so 15 minute te duur om alles klaar te maak van begin tot end. Sowaar. Kook 2 liter melk. Sif 1 koppie koekmeel en 1 teelepel sout saam. Loer dat die melk nie oorkook nie. Vryf 1 eetlepel sagte botter (Onthou: Margarien is NIE botter NIE!) met die vingerpunte by die meel in sodat dit frummels maak. Voeg die frummels geleidelik by die kokende melk terwyl daar gedurig geroer word. Daar sal klonte vorm, maar hou net moed. Sit die deksel skuins op en prut vir ongeveer 8 minute Klaar! Skep op in bakkies en bedien met kaneelsuiker. Voeg klontjies botter by as jy nie gepla is met cholesterol nie!.
Posted on: Thu, 08 Aug 2013 14:42:45 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015