VERKEERDE OORDEEL Lees Handelinge 28: 1 – 6 “Toe die - TopicsExpress



          

VERKEERDE OORDEEL Lees Handelinge 28: 1 – 6 “Toe die mense die slang aan Paulus se hand sien hang, sê hulle vir mekaar: ‘Hierdie man moet beslis ‘n moordenaar wees… die goddelike wraak wil hom nie laat lewe nie. Paulus het egter…niks oorgekom nie…”4. Neil Verwey, sendeling in Japan vertel hierdie verhaal: ‘n Vrou het van Seattle na San Francisco toe ge­vlieg. Die vliegtuig se roete is verander en moes na Sa­cramento vlieg. Daar ge­land, het die vlug­loods die passasiers in­gelig, daar sal ’n onder­­breking van 50 minute wees en dié wat wou, kon afklim en bene rek. Almal het uit­geklim, be­halwe ’n blinde vrou. Die man wat die sto­rie vertel, sê hy kon sien sy is blind, want haar gids­hond, die so­genaamde Seeing Eye Dog, het dwarsdeur die vlug rus­tig by haar voete gelê. Die loods het na haar toe ge­gaan en haar by die naam genoem: ”Kathy, ons gaan vir amper ’n uur hier in Sacramento oorstaan. Wil jy nie ook afklim en bietjie bene rek nie. Ek sal jou help.” Die blinde vrou ant­woord: “Nee, dankie, maar dit kan dalk goed wees as my hond bietjie kon bene rek.” Nou sê die storie­verteller: “Picture this: All the people in the gate area came to a com­plete standsill, when they look­ed up and saw the pilot walk off the plane with a Seeing Eye dog! The pilot was even wea­ring sun­glasses. People scattered. They not only tried to change planes, but they were trying to change airlines! True story – remember: Things aren’t always as they appear.” Wat was die waarheid? ’n Toegewyde vlieënier be­wys aan een van sy be­hoef­ti­ge pas­sa­siers, ’n blin­de vrou, ’n vrien­­delike guns. Hy gaan stap met haar hond. Wat lei die mense af van wat hulle sién? Húl­le vliegtuig se vlie­ë­­nier is blind. Hulle tree sumier dras­ties op volgens wat hul­le aflei, sonder om hul­le van die feite te verge­wis. Spreuke15:28: “’n Regverdige mens dink voor hy antwoord; godde­lose mense sê net slegte dinge.” Engelse verta­ling: “The heart of the righteous studieth to answer; but the mouth of the wicked poureth out evil things” “Here, vandag wil ek diep dink voor ek praat.”
Posted on: Mon, 19 Aug 2013 04:08:30 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015