Vader Heer en Leidsman, voor U altaar kom kniel ons neer. Watter - TopicsExpress



          

Vader Heer en Leidsman, voor U altaar kom kniel ons neer. Watter voorreg is dit nie om deur gebed voedingskrag by U te kom ontvang nie. Vader, op U plaas ons, ons fokus, sodat ons gevul en gevoed, maar ook versterk deur die werke van die Heilige Gees ons daaglikse verpligtinge sal aanpak. Here, dankie dat U ons Meester maar ook ons Leidsman sal wees, wat ons sal vul met wysheid en krag, sodat ons vol van U genade in hierdie dag n seen vir elke persoon sal wees wat in hierdie wonder-skone dag op ons weg gestuur word. Vader, laat die werke van die Heilige Gees vaardig raak in elkeen van ons se lewens, Sodat ons tot n besef sal kom dat daar net een waaragtige God en Vader is wat aan ons voorsien, in ons daaglikse bestaan. Asook in ons tye van nood en verdrukking. Dankie Here, dat U ons God en Vader is, maar die meeste en grootste van alles ons Groot Voorsiener in hierdie tyd. Ons loof en eer U daarvoor. Amen!
Posted on: Wed, 07 Aug 2013 05:26:50 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015