Vader, ek kom na U in die Naam van Jesus Christus, U Seun en my - TopicsExpress



          

Vader, ek kom na U in die Naam van Jesus Christus, U Seun en my Redder. Dankie vir die Heilige Gees wat my in die waarheid lei en my onderrig. Drieënige God van die Heelal, ek het U Hand oor my nodig en beroep my op U, op grond van U Woord in Fil 4:6 wat sê: Wees oor niks besorg nie, maar laat [my] begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7 En [U] vrede …wat alle verstand te bowe gaan, sal [my] hart en sinne bewaar in Christus Jesus. My Saligmaker – ek vertrou U, en vrees nie, want U is my krag en my lied (Jes 12:2, Ps 23:4). Soos U Woord verklaar, is ALLES onder U Voete gestel. Ef 1:19 – en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte 20 wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, 21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. 22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, Hiervolgens, beroep ek my op U beskerming, Here. Ek bid dat U my fisies, emosioneel, verstandelik en geestelik bewaar – en my op alle gebiede beskerm: my verhoudings, gesinslede (kosbare eggenoot en kinders), huwelik, familie, vriende, troeteldiere, finansies, werk en besittings – wat alles in elk geval aan U behoort. U belowe beskerming aan U kinders, en aangesien ek aan U behoort, vra ek nederig, maar met vrymoedigheid (Heb 10:19-22), vir alle fasette van U beskerming –
Posted on: Wed, 17 Jul 2013 10:50:43 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015