Vader toe ek vanaan die pragtige volmaan sien, en die helder lig - TopicsExpress



          

Vader toe ek vanaan die pragtige volmaan sien, en die helder lig wat dit maak, toe besef ek dat ons lewens ook soms nag donker is, en dat U die helder lig is wat deur die donkerte breek. Here daar le n nuwe week vir ons voor en ek bid dat U ons Leidsman sal wees. Skenk aan ons wysheid om elke situasie te kan hanteer, Here maak ons bewus daarvan dat U tyd nie ons tyd is nie, dat U gedagtes nie ons gedagtes is nie, en dat U paaie nie ons paaie is nie. Trek asb n bloedlyn van beskerming om ons huise en ons geliefde en bind ons saam met bande van liefde. Dankie vir U liefde en genade. Ons vra dat U n wag voor ons mond sal plaas en dat U al ons ongeregtighede sal vergewe. Ons dankie U vir al ons seeninge. In Jesus Naam AMEN
Posted on: Sun, 23 Jun 2013 17:56:16 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015