Verander jou liggaam in ’n doeltreffende energieverbrander – - TopicsExpress



          

Verander jou liggaam in ’n doeltreffende energieverbrander – dis makliker as wat jy dink. Om gewig te verloor en ’n gesonde gewig te handhaaf, moet jou metabolisme behoorlik funksioneer. Metabolisme is, eenvoudig gestel, die tempo waar- teen jou liggaam kilojoules verbrand. Faktore soos stres, jou dieet, gene, hormone en ouderdom het ’n invloed daarop, maar daar ís maniere om jou metabolisme in topversnelling te kry. Geniet kleiner etes ‘Gereelde klein etes hou jou bloedsuiker stabiel en jou meta- bolisme aan die gang. Dit gee jou energie en hou kosdrange in toom,’ sê Celynn Erasmus, ’n dieetkundige. Sy stel voor dat daar nie langer as vier uur tussen maaltye of peuselhappies verloop nie. ’n Happie behoort aan dié voedingsriglyne te voldoen: • Dit moet tussen 300 en 500 kilojoules verskaf. • Dit moet hoogstens 10 g vet bevat (5 g as jy gewig wil verloor). • Dit moet veselryk wees. • Dit moet vitamiene en minerale bevat. • Die koolhidrate moet glukose stadig vrystel, met ’n gluke- miese indeks (GI) van minder as 60 (intermediêr of laag) en ’n glukemiese lading (GL) van tussen vyf en 10 (laag). Onthou, moet jouself nooit uithonger nie. As jy minder as 4 200 kilojoules per dag inkry, sal jou liggaam dink jy is onder- voed en jou metabolisme sal stadiger word. Moenie ontbyt oorslaan nie Dieselfde gebeur as jy nie ontbyt eet nie: Jou metabolisme neem af en jou liggaam begin energie (en vet!) opgaar. Ontbyt skop jou metabolisme aan die gang en gee jou energie regdeur die dag. ‘Mense wat ’n gesonde ontbyt eet, het meestal minder gewigs- en gesondheidsprobleme as dié wat nie ontbyt nuttig nie,’ sê Celynn. Probeer met nuwe idees vorendag kom. Eet byvoorbeeld ’n bord gebakte groente pleks van ontbytgraan. Eet vroeër in die dag Aandete moet jou ligste maaltyd wees. Probeer om nie later as drie tot vier uur voor slapenstyd te eet nie, sodat jou liggaam tyd het om die kos te verteer en te verbrand. Drink baie water As jy nie genoeg water drink nie, kan jou liggaam eweneens in ’n opgaarmodus ingaan. Meer as 90% van die chemiese reaksies in jou liggaam gebeur in water. Water ontgif jou liggaam en help jou niere funksioneer, wat die lewer meer tyd gee om vet te metaboliseer. Drink water regdeur die dag – volgens die nuutste aanbevelings tussen 1,5 en 2,5 liter per dag. Kry genoeg B-vitamiene in As jy gedurig tam is, maak seker jy neem genoeg B-vitamiene in, veral vitamien B12. Kos wat ryk is hieraan sluit in laevet-suiwelprodukte, groen blaargoentes en volgraankosse soos koring en hawer. Oorweeg ook ’n B-kompleks-aanvulling. Voeg rissies by jou dieet Rissies help nie net om jou gestel te versterk nie. Die hitte wat jy voel nadat jy sterk kos geëet het, vereis ook dat meer kilojoules verbrand word. Daar is bevind dat selfs rooi soetrissies stowwe bevat wat meer as 20 minute nadat jy dit geëet het, jou liggaam se hittevrystelling en suurstofverbruik verhoog. Hou by lae-GI-kosse Dié koolhidrate hou jou bloedsuiker stabiel en jou insulienvlak laag nadat jy geëet het. Slaap genoeg Navorsing toon dat mense wat nie genoeg slaap nie, geneig is om gewig op te tel. Dit kan wees omdat jou liggaam homself herstel en vernuwe terwyl jy slaap. Oefen reg ‘Die beste oefeninge om jou metabolisme te versnel is dié wat maer spiere bou en in stand hou, waaronder oefeninge met gewigte en weerstandsoefeninge soos swem,’ sê Celynn. Voeg dit twee of drie keer per week by jou gewone roetine. Spiere verbrand meer kilojoules as vet, en hoe meer spiere jy het, hoe meer kilojoules sal jy verbrand, selfs wanneer jy rus.
Posted on: Sat, 20 Jul 2013 09:37:11 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015