WARE WOORDE Wees dankbaar vir wat jy het. Wees lief vir jou - TopicsExpress



          

WARE WOORDE Wees dankbaar vir wat jy het. Wees lief vir jou gesin en familie . Moenie toelaat dat jou brein muf nie! Moenie op loop gaan met skuldgevoelens nie. Sort die kak uit Lewe terwyl jy nog lewe het Geniet die eenvoudige dinge. Die image goed is n pot snot Eet wat jy wil , fok diet As jy gewig moet verloor vreet minder en kak meer . Vermy bedompige gyms wat stink na Juppy aftershave en duur walglike soet parfuum (om die sweet ruik te verbloem), waar perverts, saadsokkies en hooterneuse in snaakse futuristic outfits uithang en soos hamsters gemonteerde fietse sit en trap. Jy hoef niemand te impress nie.(Fok die ek gaan gym toe sê-ding). As jy moet oefening kry, ry n gewone fiets, gaan stap langs die see of in die veld,- doen iets in die buitelug. Moet net nie in die strate op en af draf nie, dis fokken stupid om te hardloop as niemand jou jaag nie. As jy hou van n no- brand T-Shirt, kledingstuk of wat ook al , koop die ding en fok die name goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie - solank jy gemaklik is daarmee. Stront met dié wat dink hulle is beter as ander en gedurig lyk of hulle kak ruik omdat jy nie by hulle siek plastic wêreld wil inpas nie Wees wingat oor jou huis, dit behoort aan jou, die bank se moer. Wees windgat oor jou kar hys klaar betaal en fok dié wat in moerse karre ry en nie kan bekostig om ordentlik te braai nie Lag dikwels, lag lank en lekker. Behou jou grapgat vrinne fok die suurgatte, hulle trek jou onder. As jy n pel het wat lekker kan stront praat,spandeer meer tyd saam met haar/hom. Omring jouself met dit waaroor jy mal is, Of dit nou pelle, familie, diere, sentimentele junk, musiek of wat ook al. Jou huis is jou plek, fok die wat hulle neuse daarvoor optrek. Kanse is dat hulle in elke geval n klomp kakke is, raak ontslae van hulle As jy wil drink, drink, moet dit net nie oordoen nie. Getrek is oraait maar dronk mense is fokken stupid, tensy hulle hot girls is en begin tiete flash. Sê vir jou mense dat jy vir hulle lief is,dat jy vir hulle omgee, môre trek jy dalk jou hout-jas aan, dans dit te laat!
Posted on: Tue, 05 Nov 2013 07:04:55 +0000

Trending Topics



Recently Viewed Topics




© 2015